Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Getuienis, bekentenis en twiets
Ben la Grange op Woensdag 29 Augustus in die parlement. Dis die eerste sitting oor Steinhoff waarop hy gaan getuig.

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie Woensdag Sake gelees het nie en wat jy Donderdag kan verwag.

Baie Suid-Afrikaners het tot laat Woensdagaand vasgenael gesit om te hoor hoe grootkoppe van Steinhoff aan die parlement verduidelik wat alles by dié maatskappy fout gegaan het.

Nóg getuienis wat die oë laat rek het is wat lede van die tesourie voor die Nugent-kommissie van ondersoek oor die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gelewer het.

1. OORSIG: Finale verslag oor Steinhoff nie binnekort beskikbaar

PwC gaan nié einde vanjaar ’n finale verslag oor Steinhoff se rekenkundige probleme uitreik nie. Met dié teleurstellende nuus het die parlement sy sitting van byna 11 uur lank oor Steinhoff afgesluit.

Lees ook: Ben la Grange: ‘Dís wat ek dink fout gegaan het’

2. Guptas se Oakbay steek kop uit op SAID-sitting

Die omstrede Gupta-familie se Oakbay Investments het tot hewige debat op die sittings van die Nugent-kommissie gelei.

Tom Moyane, geskorste kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het voorheen bewerings ontken dat hy die terugbetaling van R70 miljoen se belasting op toegevoegde waarde (BTW) aan Oakbay Investments, ’n Gupta-beheerde maatskappy, deurgedruk het.

Lees ook: Tesourie se wenke vir SAID

3. 8 dinge wat jy van Newzroom Afrika moet weet

Newzroom Afrika is die nuwe nuuskanaal wat op DStvkanaal 405 gaan uitsaai. MultiChoice het Dinsdag dié aankondiging by sy hoofkantoor in Randburg, Johannesburg, gemaak.

Die kanaal vervang Afro Woldview wat om middernag op 20 Augustus van die lug verdwyn het nadat sy kontrak met MultiChoice verstryk het.

Lees ook: Multichoice kap terug oor EFF-bewerings

4. Group Five se aandeel tuimel oor groter verlies

Group Five se aandeelprys het Woensdag met 31% tot net 68c geval nadat hy aangekondig het hy bloei steeds geld ondanks afleggings en ander besnoeiings die afgelope ses maande.

Die maatskappy het Woensdag ’n handelsverklaring uitgereik wat toon sy verlies per aandeel styg met tussen 56,8% en 74,9% tot tussen R13 en R14,50 per aandeel. Sy wesensverlies per aandeel styg ook met tussen 52,4% en 70% tot tussen R13 en R14,50 per aandeel.

Lees ook: M&R: Mynbou presteer, wins styg

5. KYK: Trump woedend vir Google, Facebook en Twitter

Pres. Donald Trump van Amerika mag dalk lief wees om self te twiet, maar hy hou nie van die beeld wat van hom op sosiale media geskep word nie.

Trump het Dinsdag in ’n TV-onderhoud gewaarsku Google, Facebook en Twitter “beter versigtig wees” nadat hy veral die soekenjin vroeër die dag daarvan beskuldig het dat hy met resultate peuter.

Lees ook: ‘Warren Buffet’ flous derduisende op Twitter

6. Denel haastig met tugstappe

Denel wil die tugverhore teen werknemers wat van ongerymdhede aangekla word so gou moontlik afhandel, het Monhla Hlahla, voorsitter, Woensdag gesê.

“Binne die volgende twee weke, want ons het finansiële kwessies om uit te sorteer.”

Lees ook: SA Express praat oor wanpraktyke

Donderdag op die nuuslys:

Die Nugent-kommissie van ondersoek oor die herstrukturering van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) hervat in Brooklyn, Pretoria.

Die konsultantefirma Bain & Company, wat die SAID bygestaan het met die herstrukturering, sal getuienis lewer.

Statistieke Suid-Afrika maak die jongste produksieprysindeks bekend.

PPC hou sy algemene jaarvergadering.

Santam maak sy halfjaarsyfers bekend.

Meer oor:  Steinhoff  |  Newzroom Afrika  |  Facebook  |  Denel  |  Multichoice  |  Sa Express  |  Twitter  |  Ben La Grange  |  Heather Sonn  |  Markus Jooste  |  Donald Trump  |  Guptas  |  Nugent-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.