Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Guptas, Denel en glips met die internet
Cheetah-vegvliegtuie van Denel. Denel het ’n banklening van Katar gekry om hom uit sy kontantpenarie te help red.

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie Dinsdag Sake gelees het nie – en ook wat jy Woensdag kan verwag.

Die Guptas kry behoorlik die wind van voor met die parlement se portefeuljekomitee oor openbare ondernemings wat met die Valke gaan skakel om dié broers op te spoor.

’n Ligpunt vir die portefeuljekomitee is die aanstelling van ’n nuwe direksie by Denel.

Hy én die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het die aanstellings verwelkom.

’n Persoon wat wel opgespoor is en toe huilend haar sondes moes bieg, was ’n bejaarde vrou in Georgië.

Haar sonde? Sy het per ongeluk ’n kabel beskadig wat die internet in die buurland – Armenië – afgesny het.

1. Valke se hulp ingeroep om Guptas te dagvaar

Die parlement se portefeuljekomitee oor openbare ondernemings gaan met die Valke skakel om die Guptabroers op te spoor.

Zukiswa Rantho, voorsitter van die komitee se ondersoek na die wanbestuur van staatsgeld by staatsondernemings, het Dinsdag gesê dit kom nadat die balju van die hof nie dagvaardings by die wonings van Ajay, Atul en Rajesh Gupta kon aflewer nie.

Lees ook: Vitol gaan van Optimum se steenkool uitvoer

2. Denel-direksie het baie ondersoekwerk – Outa

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) en die parlement se portefeuljekomitee oor openbare ondernemings het die aanstelling van ’n nuwe direksie vir die staatsonderneming Denel verwelkom.

Outa sê wel die nuwe direksie moet vorige direksielede en topbestuurslede vir beweerde ongerymdhede ondersoek.

3. Bejaarde sny internet na hele buurland af

Toe die internet in Armenië eensklaps afgesny is, het diensverskaffers bontgestaan om uit te vind wat gebeur het.

Die probleem? ’n Bejaarde vrou in die naburige Georgië het glo onwetend ’n belangrike internetkabel beskadig.

Toe die probleem uiteindelik tot by haar nagespoor is, het sy die ondersoekers huilend meegedeel dat sy nie eens weet wat die internet is nie.

4. Steinhoff wil geld terugkry van Wiese-transaksies

Steinhoff International Holdings het in ’n ondersoek bevind transaksies wat in 2017 gesluit is met entiteite wat verwant is aan Christo Wiese, voormalige voorsitter, het nie sy behoorlike prosesse gevolg nie.

Sy aandeelprys het Dinsdag met sowat 15% tot R2,52 gedaal ná hernude mediaberigte oor sy sake.

5. Só raak handelsoorlog tussen VSA en China vir SA

As jy sukkel om te verstaan waarom die Suid-Afrikaanse rand so senuagtig op die dreigende handelsoorlog tussen die VSA en China reageer, lees hierdie berig.

Woensdag op die nuuslys

Louis Klopper en Kurt Knoop, sakeredders, wat die sake van agt maatskappye wat aan die Guptas behoort bestuur, is Woensdag wéér in die hof, dié keer in ’n poging om ’n dringende interdik te kry wat hul toegang tot die maatskappye waarna hulle kyk se persele en dokumentasie te kry.

Klopper het Dinsdag gesê hulle kan nie hulle werk doen as die maatskappye hulle toegang weier nie.

Meer oor:  Steinhoff  |  Optimum  |  Denel  |  Christo Wiese  |  Louis Klopper  |  Internet  |  Guptas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.