Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Guptas, stakings en vliegtuie
Tito Mboweni, minister van finansies.

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie Dinsdag Sake gelees het nie en wat jy Woensdag kan verwag.

Dit lyk of van die Guptas se sakeondernemings eindelik die einde van hul leeftyd bereik het.

Dit kom nadat een maatskappy wat aan dié familie behoort, nou ’n aansoek gebring het dat ’n ander een gelikwideer moet word.

1. Tegeta vra weer dat Oakbay gelikwideer word

’n Aansoek om die likwidasie van die Guptas se Oakbay Investments is weer by die hof ingedien omdat hy nie sy skuld aan nóg ’n Gupta-maatskappy, Tegeta Exploration and Resources, kan betaal nie.

Dis die tweede keer dat ’n aansoek vir Oakbay se likwidasie ingedien word; einde verlede jaar is likwidasie tydelik afgeweer.

2. Net 10 dae oor tot jou data nie meer mag verval

Oor net meer as ’n week sal Suid-Afrikaners volgens wet die opsie gebied moet word om die geldigheidstydperk van data te verleng.

Dit beteken dat jou ongebruikte data nie sommerso sal mag verval nie.

3. Amcu aan Sibanye oor afleggings: ‘Oorlog kom’

Die mynwerkersvakbond Amcu het Dinsdag ’n beroep op al sy lede in die land se goud- en platinummyne gedoen om in solidariteit saam teen Sibanye-Stillwater te staak.

“Ons beheer dié myne,” het Joseph Mathunjwa, president van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu), Dinsdag op ’n nuuskonferensie in Johannesburg gesê.

4. Eskom: ‘Tito moenie wegskram van moeilike keuses’

Dis tyd vir moeilike keuses om Eskom se las op die staatskas te verlig, sê die uitvoerende hoofde van Suid-Afrika se grootste maatskappye.

Die CEO Initiative sê Tito Mboweni, minister van finansies, moet Woensdag in sy begrotingsrede ’n omvattende omkeerplan vir die kragverskaffer aankondig.

Lees ook: DA se wenslysie vir Tito: Dank 20 ministers af

5. SAL-probleme kos Comair miljoene

Daar is te veel vliegtuie in die Suid-Afrikaanse lugruim, wat beteken vlugte is leër – en dus minder winsgewend – as wat Comair sou wou hê.

Die maatskappy, wat British Airways en Kulula in Suid-Afrika bedryf, het Dinsdag aangekondig dat sy inkomste vir die ses maande tot einde Desember met ’n rekord van 12% teenoor dieselfde helfte van 2017 gestyg het.

Woensdag op die nuuslys

  • Tito Mboweni, minister van finansies, lewer sy begrotingsrede om 14:00 in die parlement.
  • Statistieke Suid-Afrika maak inflasiesyfers vir Januarie om 10:00 bekend.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.