Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Hofsake, Eskom en melk
Volgens die suiwelmaatskappy Clover verwag hy 'n beter verdienste vanjaar.

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie Donderdag Sake gelees het nie.

Die wiele begin al hoe vinniger teen Steinhoff draai.

Bykans ’n jaar nadat dit op die lappe gekom het dat daar groot probleme met dié maatskappy se boekhouding was, het ’n groep respondente ’n klasaksie hofaansoek gebring.

Eskom is ook nog in ’n stryd gewikkel om die ligte aan te hou omdat loongeskille met vakbonde nie opgelos word nie.

1. Steinhoff: Eerste klasaksie in SA gebring

’n Klasaksie hofaansoek is Woensdag teen Steinhoff en sowat 40 ander respondente in die hooggeregshof in Johannesburg gebring.

Die eis wat die klasaksie teen die partye kan meebring kan na verwagting miljarde rande beloop.

2. Eskom, vakbonde haaks oor tugstappe

Eskom en die vakbonde NUM en Numsa het in beginsel ’n loonooreenkoms bereik. Maar daar is ’n haakplek oor moontlike tugstappe teen werkers wat gestaak het.

Eskom het dié aankondiging Woensdagaand gedoen ná weke van moeilike onderhandelinge wat onder meer deur kragonderbrekings gekenmerk is.

3. Clover verwag ekstra romerige verdienste

Clover se aandeelprys het met 4,11% gestyg ná ’n handelsverklaring waarin hy sê hy verwag ’n driedubbele styging in sy verdienste.

Die suiwelreus sê in die verklaring sy wesensverdienste per aandeel in die jaar tot einde Junie sal tussen 207% en 227% hoër wees as die 63,9c per aandeel in die ooreenstemmende tydperk in 2017.

4. Fout met aftreefondse: Dié 25 het weer geregistreer

Liberty het vanjaar met ’n aansoek in die hooggeregshof reeds die deregistrasie van 25 van die aftreefondse wat hy verkeerdelik gesluit het, omgekeer.

Hy het vroeër erken hy het 130 aftreefondse – met sowat R100 miljoen se bates – tussen 2007 en 2013 verkeerdelik gesluit.

5. WhatsApp se fout kan jou flater word

’n Kuberveiligheidsgroep in Israel waarsku WhatsApp het ’n fout wat toelaat dat kuberkrakers vals boodskappe na individue en groepe kan stuur.

Die maatskappy Check Point Software Technologies sê hy het ’n sekuriteitsfout in WhatsApp ontdek.

Meer oor:  Steinhoff  |  Whatsapp  |  Eskom  |  Clover  |  Pensioenfonds
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.