Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-sake: Jooste, ’n handgranaat en die Paashaas
paashaas
Paasfees het 'n keerpunt in die kleinhandelverkope help meebring, maar kan dié momentum sonder die Paashaas voort gesit word? Foto: Argief

Kyk hier wat jy misgeloop het as jy nie Woensdag Sake gelees het nie en wat jy Donderdag kan verwag.

Die debat oor die Reserwebank duur steeds voort.

’n Ekonoom meen die rusie oor die bank is “ ’n handgranaat waarvan die pennetjie uitgetrek is”.

1. Sygnia, Deloitte se paaie skei ná boekhou-skandaal

Sygnia is vir die tweede keer in minder as twee jaar op soek na ’n nuwe eksterne ouditeur. Die maatskappy het pas op Sens aangekondig dat sy en Deloitte se paaie gaan skei. Deloitte is aangestel in die plek van KPMG, wat Sygnia in Augustus 2017 as sy eksterne ouditeur laat gaan het.

2. Markus Jooste eersdaags dissiplinêr verhoor

Markus Jooste se dae as geoktrooieerde rekenmeester is getel. Die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (Saica) beplan om “binnekort” Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, dissiplinêr te verhoor. Dit sal beteken dat hy die gesogte CA(SA) agter sy naam sal verloor.

3. Paashaas bring soet nuus vir ekonomie

Die Paashaas het oënskynlik Suid-Afrikaners se leë trollies in April voller gelaai. Dit kom ná die maer dae in die eerste kwartaal se kleinhandelverkope en algehele droewige ekonomiese omstandighede tot en met einde Maart.

Lees ook: Resessie dalk afgeweer danksy verbruikers

4. Rand-gekonkel: Kommissie moet klagte duideliker stel

Klagte teen ’n tiental groot banke dat hulle oor die waarde van die rand gekonkel het, moet herskryf word.

Dit is die bevel van die Mededingingstribunaal aan die Mededingingskommissie oor dié ondersoek, wat reeds vier jaar sloer.

5. Reserwebank: ‘Pen is uit handgranaat getrek’

As dit by die geloofwaardigheid van pres. Cyril Ramaphosa se regering kom, is die rusie oor die Reserwebank ’n “handgranaat waarvan die pennetjie uitgetrek” is. Selfs al slaag hy daarin om interne weersprekings oor die monetêre beleid vanuit die ANC te keer, is dit onseker hoe dié vraagstuk op lang termyn gaan eindig.

Donderdag op die nuuslys

Statistieke Suid-Afrika maak die jongste groothandelverkoopsyfers asook mynbouproduksie en mineraleverkope vir April bekend.

Meer oor:  Sygnia  |  Saica  |  Steinhoff  |  Deloitte  |  Markus Jooste  |  Resessie  |  Reserwebank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.