Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Markus Jooste, selfies en inkopies
Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff.

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie Woensdag Sake gelees het nie – en wat jy Donderdag kan verwag.

Daar blyk maar net nie ’n einde te wees aan al die gebeure agter die skerms wat Markus Jooste, voorheen die baas van die nou omstrede Steinhoff, betref nie.

Nou gaan dit egter nie net meer oor aandelepryse nie, maar boodskappe op e-pos en selfs WhatsApp wat wys hoe uitgebrei die netwerk van bedrog en leuens gesprei het.

 1. ‘Ek leef van dag tot dag’ – Jooste se skoonseun

“Ek leef tans van dag tot dag en probeer sterk staan in ’n rowwe situasie.”

Só beskryf Stefan Potgieter, Markus Jooste se skoonseun, sy gemoedstoestand op Oujaarsdag 2017 in ’n e-pos aan een van die minderheidsaandeelhouers van die maatskappy Lodestone.

Lees ook: Eksklusief: Jooste ‘dreig’ sakevriend met WhatsApp

Lees ook: Markus Jooste se erf in Val de Vie verkoop

2. Die bank van die toekoms: fone en ‘Fitbits’

Hoe gaan jou bank in die toekoms lyk? Kyk na die slimfoon in jou hand of die fiksheidsbandjie aan jou arm – dit is jou bank én jou beursie.

FNB glo dié mobiele en draagbare tegnologie is waarmee Suid-Afrikaners in die toekoms hul banksake en sommer betaling vir hul koffie in die gimnasium gaan doen. FNB het Woensdag sy nuwe aanlyn platform in Sandton, Johannesburg bekend gestel.

Lees ook: Bankbaas lê wakker oor Facebook

3. SAL stap uit parlementêre komitee

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Woensdagoggend uit ’n komitee van die parlement gestap en teruggevlieg na Johannesburg omdat LP’s in die komitee daarop aangedring het dat dit ’n oop vergadering moet wees. Die vergadering van die staande komitee oor finansies het op ’n twis oor dié kwessie uitgeloop.

Lees ook: Tesourie kom op vir SAL-geheimhouding

4. Verbruikers koop, maar dalk nie genoeg nie

Heelparty Suid-Afrikaners het in Maart meubels en huishoudelike toestelle gekoop in ’n poging om die verhoging in belasting op toegevoegde waarde (BTW) in April vry te spring.

Verkope in dié kategorie was ’n hele 20,7% meer as ’n jaar gelede – en die styging is in konstante randwaarde. Dié maatstaf skakel die uitwerking van prysstygings uit en gee dus ’n aanduiding van die styging in die volume verkope.

Lees ook: Aanlyn of winkel toe – waar koop Suid-Afrikaners


5. Staatsdiens dreig met staking

Die Vereniging van Staatsamptenare (VSA) oorweeg dit om ná die soveelste vertraging in die loononderhandelinge met die regering eensydig te staak.

Volgens die VSA en die sewe staatsdiensvakbonde wat by Cosatu geaffilieer is, het die regering se onderhandelaars Dinsdagmiddag gevra dat die geskeduleerde vergadering tot Donderdag uitgestel word. Dit is om die onderhandelaars meer tyd te gee om die vakbonde se eise te oorweeg, gegewe die beperkings op die fiskus.


Donderdag op die nuuslys

Statistieke Suid-Afrika maak die jongste groot- en motorhandelsyfers bekend.

Ratings Africa en Compuscan maak hul indeks van die finansiële volhoubaarheid van munisipaliteite in Rosebank, Johannesburg bekend.

Investec reik sy jaarresultate uit.

Meer oor:  Steinhoff  |  Fnb  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens (Sal)  |  Markus Jooste  |  Jacques Celliers  |  Banke  |  Selfies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.