Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-sake: Ministers, internet en ’n ‘skokstok’
Die Wattozz-skokpistool lyk kompleet soos ’n speelgoedgeweer. Dit weeg net 450 gram. Foto: Petrus Malherbe

Kyk hier wat jy misgeloop het as jy nie die Donderdag Sake gelees het nie en wat jy Vrydag kan verwag.

Pres. Cyril Ramaphosa het uiteindelik sy nuwe kabinet aangestel.

Party aanstellings word verwelkom terwyl vrae oor ander gevra word.

1. Vergeet van Tito, Pravin – hou hul adjunkte dop

Welkom terug, Tito en Pravin, maar nou moet julle skouer aan die wiel sit. En vertel ons asseblief tog meer van jul adjunkte, want jul dae is getel.

Dít was Donderdag van die opmerkings oor die heraanstelling van Tito Mboweni as die minister van finansies en Pravin Gordhan as die minister van openbare ondernemings.

Lees ook: Ekonome: Kabinet kon nóg kleiner

2. Hospitaal wil mense sonder medies só help

Die hospitaalgroep Life Healthcare beplan om teen 2020 ook in radiologie in Suid-Afrika uit te brei om in die R8,8 miljard se besteding aan dié dienste in die private gesondheidsorgbedryf te deel.

Dr. Shrey Viranna, uitvoerende hoof van die Life Healthcare-groep, het op ’n aanbieding aan beleggers oor die groep se resultate vir die halfjaar tot einde Maart uitgewei oor die planne om na dienste buite gewone hospitaalversorging uit te brei.

3. Dié nuwe ‘skokstok’ sal boewe laat les opsê

Met Suid-Afrika se hoë misdaadsyfer is mense al meer oor hul persoonlike veiligheid besorg.

Daarom het ’n toonaangewende Turkse sekerheidsfirma besluit om sy nuwe skokpistool, kompleet met ’n ingeboude kamera en “patrone” wat tot 8 m ver kan skiet, na Suid-Afrika te bring.

4. Telkom vasgevat oor sy ‘internet sonder limiete’

Telkom is oor die vingers getik weens die misleidende manier waarop hy die trefwoorde “unlimited” en “uncapped” in advertensies vir sy internetdienste gebruik.

Die advertensiebeheerraad (ARB) het beslis dat Telkom nie ’n produk as “unlimited” kan beskryf as hy eintlik bedoel dit is “uncapped” nie.

5. Survé se Ayo wil OBK ‘vir miljarde’ dagvaar

Die miljardêr dr. Iqbal Survé se tegnologiemaatskappy Ayo Technology Solutions wil die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) vir “wat na verwagting miljarde rande sal wees” dagvaar.

Die maatskappy sê Donderdag in ’n tipies strydlustige verklaring dat hy nou “genoeg gehad het van die aantygings van bewerings wat gegrond is op hoorsê en foutiewe feite en deur middel van ’n rampspoedige propaganda-oorlog deur baie van die Suid-Afrikaanse media aan die mark gevoer word”.

Vrydag op die nuuslys

  • Capitec hou sy algemene jaarvergadering.
Meer oor:  Life Healthcare  |  Obk  |  Telkom  |  Ayo  |  Pravin Gor­Dhan  |  Tito Mboweni  |  Iqbal Survé  |  Cyril Ramaphosa  |  Ministers  |  Hospitaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.