Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-sake: ’n Bedanking en R21 miljoen gespaar
konstruksie
Suid-Afrika het dringend groot konstruksieprojekte nodig. Foto: Unsplash

Kyk hier wat jy misgeloop het as jy nie die naweek Sake gelees het nie en wat jy dié week kan verwag.

Daar is nog nie eens opgehou gis oor wie Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom, gaan opvolg ná hy bedank het nie, of nóg ’n grootbaas van ’n staatsonderneming gooi die handdoek in.

1. ‘Nou is daar min hoop’

Daar het nou soveel water by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) in die see geloop dat daar min hoop is dat dié lugdiens nou gered kan word.

Dit is dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van die vakbond Solidariteit, se reaksie Sondag op die nuus dat Vuyani Jarana, uitvoerende hoof van die SAL, bedank het.

Lees ook: GRAFIKA: SAL en Eskom: 21 hoofde in 10 jaar

2. BBP: Waar sal ons groei vandaan kom?

David Masondo, die nuwe adjunkminister van finansies, erken die ANC se resolusie om die Suid-Afrikaanse Reserwebank te nasionaliseer, gaan geen verskil maak aan die land se probleme nie, maar baie geld kos.

Hy het kort ná sy inhuldiging aan City Press, susterskoerant van Rapport, gesê die debat is ontketen omdat “almal kyk na maniere om die ekonomie te stimuleer”.

3. Konstruksie: SA moet nou bou dat dit bars

Dit blyk nog ’n genoteerde konstruksiegroep is baie naby aan die afgrond.

Stefanutti Stocks, wie se resultate vir die jaar tot einde Februarie dié week bekend gemaak is, se ouditeure het hulle daarvan weerhou om die groep se state te kwalifiseer weens kommer oor die groep se vermoë om sy verpligtinge na te kom – maar net omdat die bestuur reeds ’n reddingsplan in werking gestel het.

4. Met dié kabinet spaar staat R21 miljoen

Dít is die bedrag wat Suid-Afrika per jaar aan ministeriële salarisse sal bespaar nadat pres. Cyril Ramaphosa sy kabinet met agt ministers en een adjunkminister besnoei het.

Die nuwe kabinet, wat Ramaphosa Woensdagaand bekend gemaak het, bestaan nou uit 28 ministers teenoor die 36 van voorheen.

5. Ouer wittes verkoop nou wat hulle opgebou het

Al hoe meer wit Suid-Afrikaanse sake-eienaars van 55 jaar en ouer wat hul private ondernemings oor jare opgebou het, wil nou die ondernemings verkoop.

Andrew Bahlmann, bedryfshoof van Deal Leaders Africa, wat sulke ondernemings help om die regte koper te vind, sê by die laaste tien transaksies waarvoor hy en sy span betrokke was, was die oorspronklike eienaars in dié ouderdomsgroep.

Dié week op die nuuslys

  • Ed Kieswetter, kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), maak Dinsdag in Pretoria planne bekend oor hoe die SAID beplan om vanjaar belasting van individue in te samel.
  • Die Junior Mynbou-indaba word Dinsdag in Aucklandpark, Johannesburg, gehou. Gwede Mantashe, minister van mynbou, is die gasspreker.
  • Statistieke Suid-Afrika maak Dinsdag die nuutste bruto binnelandseproduk-syfers bekend.
  • Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, stel Woensdag ’n nuwe reeks munte bekend om 25 jaar van demokrasie in Suid-Afrika te vier.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.