Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: ’n Myn, palmolie en ’n notering
Media24 se hoofkantoor in Kaapstad. Dié mediafirma bly deel van die Suid-Afrikaanse Naspers.

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie Maandag Sake gelees het nie en wat jy Dinsdag kan verwag.

Die omstrede Gupta-familie het dalk lank reeds hul tasse gepak en na Dubai toe verhuis, maar al hul bates in Suid-Afrika het nog nie nuwe eienaars nie.

Een van die groot vrae wat nog nie beantwoord is nie, is oor wie gaan eindelik hul Optimum-myn koop.

1. Naspers: ‘Ons vlug nie uit SA’

Naspers het Maandag herhaaldelik beklemtoon hy is nie besig om hom aan Suid-Afrika te onttrek nie.

Dít nadat die reus van die JSE Maandagoggend aangekondig het hy gaan sy buitelandse belange oorsee noteer in ’n beleggingsbeheerfirma wat onder meer sy belang van net meer as 31% in Tencent gaan besit.

Lees ook: Naspers: Reserwebank het reeds ‘ja’ gesê

2. OBK oor palmolie: Dit wás goeie belegging

Dit was die regte besluit dat die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) bykans R1 miljard van die staatspensioenfonds (GEPF) in ’n fabriek in Mosambiek belê.

Dit is die getuienis van Roy Rajdhar, uitvoerende hoof vir impakbeleggings by die OBK, voor die kommissie van ondersoek na gebeure by die korporasie.

3. Staat maak sterk aanspraak op Guptas se Optimum

Die staat se mynmaatskappy African Exploration Mining and Finance Corporation (AEMFC) en sy vennoot, die Lurco-groep, is besig om hulself goed te posisioneer om die Optimum-steenkoolmyn te koop.

Dié myn behoort aan die Guptas se Tegeta Exploration and Resources.

4. Rioolvuil loop dalk straataf weens beurtkrag

Die rioolnetwerk van verskeie van Suid-Afrika se grootste stede is onder erge druk weens beurtkrag.

Munisipale owerhede van Johannesburg, Pretoria, Ekurhuleni en Kaapstad het bevestig dat pompstasies die risiko loop om oor te loop sou beurtkrag voortduur.

5. Microsoft kos EOH tot R30 m. se wins

Die tegnologiemaatskappy EOH is amptelik nie meer ’n herverkoper van Microsoft-lisensies in Suid-Afrika nie.

Dit kan hom tot R30 miljoen in voorbelaste wins kos.

Dié week op die nuuslys:

  • Die kommissie van ondersoek na gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie gaan voort met sy openbare sittings in Pretoria.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.