Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Nuwe minister, ou probleem
Tito Mboweni

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie Dinsdag Sake gelees het nie.

Die groot nuus Dinsdag was ongetwyfeld die aankondiging dat die voormalige president van die Reserwebank – Tito Mboweni – nou as minister van finansies aangestel is.

Hy vervang Nhanhla Nene wat bedank het.

Mboweni se aanstelling word wyd en syd as goeie nuus verwelkom.

Wat nie goeie nuus is nie, is dat nie net wil Suid-Afrikaners nie meer trein ry nie, die treine in die Kaap word boonop steeds aan die brand gesteek.

1. Ekonome: Mboweni die ‘ideale’ minister van finansies

Tito Mboweni se aanstelling as minister van finansies wys pres. Cyril Ramaphosa gaan nou die belange van die land en nie noodwendig dié van die regering nie, eerste stel.

Dit is Chris Harmse, ekonoom van Rebalance Fund Managers, se mening oor die nuwe aanstelling.

Lees ook: Banke het 4 prioriteite vir Mboweni

2. IMF verlaag groei vir SA in aanloop tot verkiesing

Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) verwag ook nou dat Suid-Afrika se ekonomie vanjaar met minder as 1% sal groei en meen daar bestaan ’n risiko vir ’n resessie in die wêreldekonomie.

Die IMF het gesê vooruitsigte vir Suid-Afrika bly beskeie te midde van die onsekerheid in aanloop tot die 2019- nasionale verkiesing.

Lees ook: Ekonome verwag ook nou groei van minder as 1%

3. Aantal treinryers in SA halveer oor swak diens

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) se diensvlakke is tans die laagste wat dit nóg was, het Sibusiso Sithole, uitvoerende hoof, Dinsdag erken.

Passasiersgetalle het van 543 miljoen in 2014 tot 269 miljoen vanjaar gedaal. Dit beteken die helfte soveel mense ry tans trein as vier jaar gelede.

Lees ook: Treinskade in Kaap beloop al R450 m.

4. Keer só dat jy nuwe, foutiewe Windows kry

Groot kommer heers oor ’n nuwe bywerking van Windows 10 wat volgens berigte lukraak gebruikers se dokumente en foto’s uitwis.

Windows se sogenaamde October 2018 Update (weergawe 1809) gee vir talle gebruikers probleme sedert dit verlede week op Microsoft se Surface-konferensie bekend gestel is.

5. Moenie vir dié nuwe Facebook-foefie val nie

Nee, booswigte het nie toegang tot jou Facebook-profiel gekry en dit gekloon nie.

’n Nuwe slenter doen tans die ronde op die sosiale netwerk waarin jy ’n boodskap ontvang, kwansuis van ’n vriend, wat sê daar was verdagte aktiwiteite op jou rekening.


Meer oor:  Imf  |  Windows  |  Facebook  |  Tito Mboweni  |  Cyril Ramaphosa  |  Nhanhla Nene  |  Minister Van Finansies  |  Treine  |  Ekonomiese Groei  |  Tesourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.