Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: ’n Plan, treine en ketels
Ketels en broodroosters is vanjaar op talle Suid-Afrikaners se inkopielyste.

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie Maandag Sake gelees het nie en wat jy Dinsdag kan verwag.

Suid-Afrikaners kan maar net nie uitgepraat raak oor die resessie nie.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het dié party se planne bekend gemaak van hoe hulle dink die probleem opgelos kan word.

Nhlanhla Nene, minister van finansies, het weer gewaarsku dat die resessie die staat se inkomste waarskynlik gaan knou.

1. Ekonome skets al hoe donkerder prentjie vir 2018

Deelnemers aan die Ekonoom van die Jaar-wedstryd se pessimisme oor die stand van Suid-Afrika se ekonomiese aanwysers neem steeds toe.

In hul September-voorspelling het hulle weer hul verwagtinge vir die rand, hulpbronpryse en die saldo van die lopende rekening laer aangepas.

2. Resessie kan teikens vir taks raak, maan Nene

Die resessie verhoog die risiko dat die tesourie nie sy teikens vir belastinginkomste gaan haal wat aan die begin van die boekjaar gestel is nie, het Nhlanhla Nene, minister van finansies, Maandag gewaarsku.

Dit is kritiek belangrik dat die ekonomie reggeruk moet word sodat dit vinniger en volhoubaarder kan groei, het hy op die Belasting-indaba in Sandton, Johannesburg, gesê. Sonder hoër ekonomiese groei sal dit moeilik wees om die nasionale gesondheidsversekering of omvattende welsynsdienste in te stel.

3. Prasa-verlies verdubbel tot byna R1 mjd.

Suid-Afrika se passasierstrein-maatskappy is op die rand van finansiële ineenstorting, want sy verliese het bykans verdubbel van 2016 tot 2017.

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het in die 2016-’17-boekjaar ’n verlies van R928 miljoen gely teenoor die vorige boekjaar se verlies van R554 miljoen.

4. SA’ers koop ketels, broodroosters en TV’s

Suid-Afrikaners het in die tweede kwartaal vanjaar verbasend baie ketels en broodroosters gekoop, het die navorsingsmaatskappy Gfk bevind.

Dié sektor het met dubbelsyfers gegroei, hoofsaaklik te danke aan ’n toename in die gemiddelde verkoopprys, sowel as die sterk vraag.

5. Só lyk DA se 7-punt-plan vir die ekonomie

Dit is duidelik die ANC en die presidensie het geen plan hoe om Suid-Afrika uit die resessie waarin hy hom bevind te lig nie, sê Mmusi Maimane, leier van die DA.

Hy het Maandag die party se sewepuntplan vir die land se ekonomie by die party se hoofkantoor in Bruma, Johannesburg, bekend gestel.

Dinsdag op die nuuslys:

Statistieke Suid-Afrika maak die nuutste vervaardigingsyfers bekend.

Die eiendomsmaatskappy Attacq maak sy resultate vir die jaar tot einde Junie bekend.

Meer oor:  Da  |  Prasa  |  Nhlanha Nene  |  Mmusi Mai­Mane  |  Resessie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.