Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: ’n Ramp, brood en groenkrag
Die 8X8 Wahash-pantservoertuig wat deur die Suid-Afrikaans wapenvervaardiger, ADG Mobility, ontwerp en gebou is in samewerking met Calidus in die Verenigde Arabiese Emirate. Die ontwerpspan was voorheen almal verbonde aan Land Mobility Technologies (LMT), ‘n afdeling van Denel. Die voertuig is pas by die IDEX-wapenskou in Abu Dhabi bekendgestel.

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie die naweek Sake gelees het nie en wat jy dié week kan verwag.

Staatsondernemings mag dalk druk plaas op die Suid-Afrikaanse ekonomie, maar as hulle reg bestuur word, kan dit tot voordeel van die land wees.

Die wapenvervaardiger Denel is ’n goeie voorbeeld waar kenners nou groener weivelde buite Suid-Afrika soek.

Die een se dood is ’n ander se brood . . .

1. Ramp wag ‘soos in 1996’ oor pakkette vir amptenare

Die regering se plan om van 30 000 ouer staatsamptenare ontslae te raak met ’n wortel kan ’n lat vir Suid-Afrika word soortgelyk aan die 1996-vaardigheidskrisis wat ontstaan het toe staatsamptenare in massas pakkette aanvaar het.

So waarsku vakbondleiers en ekonome. Hulle sê die staatsdiens kan selfs ondoeltreffender wees ná die pakket-projek.

2. Dis wanneer jy ANC moet stem, sê Dawie Roodt

“Ek het soveel positiewe reaksie gekry op my voorgestelde verkiesingsmanifes vir die Libertynse Party, ek dink ek kon ’n loopbaan in die politiek oorweeg het as dit nie was vir die feit dat ek ’n regte werk gehad het nie . . .”

Die verkiesing is om die draai en voordat jy jou kruisie trek, is daar drie vrae wat jy moet vra.

3. Denel se dood is Dubai se brood

Die voormalige ontwerpspan van Denel se Land Mobility Technologies (LMT) wat uitgeskouer is deur die Guptas, het in minder as twee jaar ’n reuse-sukses behaal met hul tegnologie wat nie “goed genoeg” was vir Denel nie.

LMT se ontwerpers het saam met Calidus, ’n vervaardiger in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE), ’n splinternuwe voertuig vir dié land se leër ontwikkel.

4. Groenkrag nie Eskom se probleem, Medupi en Kusile is

Die probleme by Eskom is weens uitdagings by sy Medupi-, Kusile- en Ingula-kragsentrale en nié weens groenkragprojekte nie.

Die beduidend hoër koste van hierdie projekte saam met die hoër rente wat die kragverskaffer daarvoor moet betaal, is hoekom Eskom finansieel onder druk is.

5. Buitelandse werk dalk nie meer lonend

Die tesourie se besluit om vroeg in Maart ’n bykomende spesiale werksessie te hou oor die skrapping van belastingkwytskelding aan Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk, kan ’n aanduiding wees dat die owerhede ook byvoordele wat oorsee verdien is van belasting sal kwytskeld, sê belastingpraktisyns.

Dié week op die nuuslys

  • Die kommissie van ondersoek na gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie hervat sy sittings in Pretoria van Maandag tot Woensdag.
  • Sasol maak Maandag sy halfjaarresultate bekend.
  • Die Mededingingskommissie hou Dinsdag ’n mediakonferensie waar hy inligting oor die vordering oor sy ondersoek na skoolklere sal verskaf.
  • Aveng en Shoprite maak hul halfjaarresultate Dinsdag bekend.
  • MultiChoice noteer Woensdag op die JSE.
  • Sanlam, Liberty, Spur en Massmart maak Donderdag hul resultate bekend.
  • African Rainbow Minerals maak Vrydag sy resultate bekend.
Meer oor:  Denel  |  Eskom  |  Tito Mboweni  |  Dawie Roodt  |  Groenkrag  |  Staatsamptenare  |  Medupi  |  Kusile
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.