Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-sake: ’n Transaksie, iTunes en takke wat sluit
Standard Bank sluit einde Junie 104 van sy takke landwyd. Foto: Reuters

Kyk hier wat jy misgeloop het as jy nie Maandag Sake gelees het nie en wat jy Dinsdag kan verwag.

Aandeelhouers het hul stem dik gemaak oor ’n transaksie wat die Shoprite-groep voorgestel het. Hulle was só ongelukkig dat die transaksie wel gekanselleer is.

1. Shoprite-transaksie: Wiese 0, aandeelhouers 1

Genoeg minderheidsaandeelhouers van die Shoprite-groep is ontevrede oor die R3,3 miljard-transaksie wat met sy voorsitter Christo Wiese beoog is, wat gemaak het dat dié transaksie nou gekanselleer is.

Die transaksie word gekanselleer omdat meer as 15% van die res van die aandeelhouers, uitgesluit die maatskappye van Wiese wat sou deelneem aan die transaksie en ander verwante partye, teen einde Mei vir Shoprite skriftelik verwittig het hulle gaan nie dit goedkeur nie.

Lees ook: ‘Buitensporige’ prys sink Shoprite se plan

2. Hiér is die 104 takke wat Standard Bank sluit

Standard Bank het uiteindelik die lys van takke wat hy einde Junie gaan sluit, bekend gemaak.

Die lys bestaan uit 104 takke landwyd, selfs meer as die aanvanklike aankondiging dat 91 takke gaan sluit.

3. Miladys, Foschini se klubgeld nou bo verdenking

Die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) het sy saak teen die Mr Price-groep laat vaar vir beweerde oortredings van die Nasionale Kredietwet.

Dit beteken die NKR gaan nie meer die saak teen Mr Price na die Nasionale Verbruikerstribunaal verwys nie. Dit bring ’n einde aan ’n jare lange geding.

4. Firma beboet oor geknoei met hospitaal-tender

Die konstruksiegroep GVK-Siya Zama het ingestem om ’n boete van R6 miljoen te betaal vir ’n oortreding van die Mededingingswet toe die maatskappy aan ’n tender van die Mediclinic-groep deelgeneem het.

Die Mededingingskommissie het met GVK-Siya Zama geskik en die ooreenkoms is na die Mededingingstribunaal vir ’n bevel verwys.

5. Is iTunes se dae getel?

Dit was eens voorgehou as die redder van die internasionale musiekbedryf, maar nou ná meer as 18 jaar gaan Apple glo wegdoen met iTunes.

Luidens ’n berig in Bloomberg gaan Apple iTunes ontbondel in drie afsonderlike apps – apps wat in ieder geval reeds bestaan.

Dinsdag op die nuuslys

  • Ed Kieswetter, kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), maak in Pretoria planne bekend oor hoe die SAID beplan om vanjaar belasting van individue in te samel.
  • Die Junior Mynbou-indaba word in Aucklandpark, Johannesburg, gehou. Gwede Mantashe, minister van mynbou, is die gasspreker.
  • Statistieke Suid-Afrika maak die nuutste bruto binnelandseproduk-syfers bekend.
Meer oor:  Shoprite  |  Standard Bank  |  Christo Wiese  |  Banke  |  Itunes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.