Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Pille, skuld en ’n windpomp
Suid-Afrikaners vaar glad nie goed wanneer dit kom by pille drink vir chroniese mediese kondisies nie.

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie Donderdag Sake gelees het nie en wat jy Vrydag kan verwag.

Pres. Cyril Ramaphosa het dalk vroeër dié week gesê die land het geen ander keuse as om Eskom te red nie, maar dit lyk of dié kragreus hom duur te staan gaan kom.

Die kredietgradeerder Moody’s Investor Service is glad nie so beïndruk met hóé die staat Eskom help nie.

1. SA siekes drink net helfte van die tyd hul pille

’n Groot persentasie mense op chroniese medisyne vul nie elke maand hul voorskrif nie.

Dis nie net op mediese vlak kommerwekkende nuus oor mense wat aan ’n chroniese – en selfs lewensbedreigende – toestande ly nie, dis ook slegte nuus vir die inkomste van apteekgroepe.

2. Moody’s: Eskom-skuld kan tot rommelstatus lei

Eskom se skuld kan Suid-Afrika sy beleggingstatus by die kredietgradeerder Moody’s Investor Service kos.

Dié kredietgradeerder het Woensdagnag laat in ’n nuwe navorsingsverslag gesê dat hy van nou af die staat se waarborge aan Eskom by sy vooruitsigte vir die land se kredietgradering gaan inreken.

3. Boer se windpomp-patent bring water uit rivier

’n Staptog in die Drakensberge het ’n boer van Noordwes ’n patent laat ontwikkel wat ’n oplossing kan bied vir gesinne wat nie toegang tot water het nie.

Gerrit Smith, van die plaas Rhebokfontein in die Klerksdorp-omgewing, skryf reeds die afgelope 12 jaar minstens vyf uitvindsels per jaar in vir Graan SA en Omnia se boerepatentekompetisie op die Nampo-Oesdag buite Bothaville in die Vrystaat.

4. Werkloosheid is tydbom, sê Eskom-voorsitter

“Suid-Afrika moet die staatsondersteuning vir onderwys, asook die privaat sektor se betrokkenheid verhoog om vernietigende werkverliese te stuit,” sê Jabu Mabuza, voorsitter van Eskom.

“Ons oorhoofse doelwit moet wees om die invloed van beleidsingryping te vergroot deur groei te kry wat werk skep.”

5. Dié krakers was te huur om miljoene te steel

’n Netwerk van kuberkrakers wat hul dienste uitverhuur het om, onder meer, $100 miljoen by ondernemings en finansiële instellings te steel, is in Europa vasgetrek.

Die Europese polisiediens, Europol, het in samewerking met ses ander lande die kubermisdaadbende GozNym gevang.

Vrydag op die nuuslys

  • Stefanutti Stocks maak sy jaarresultate bekend.
Meer oor:  Moody's Investor Service  |  Nampo  |  Dischem  |  Eskom  |  Cyril Ramaphosa  |  Pille  |  Rommelstatus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.