Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Sakke, vonke en kragstasies
Daar is reeds syfers wat wys beurtkrag knou die ekonomie.

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie Woensdag Sake gelees het nie en wat jy Donderdag kan verwag.

Het jy lankal al opgehou om inkopiesakke saam te neem winkel toe en koop jy maar weer plastieksakke?

Een van die groot winkelgroepe wil dié gedrag nou stopsit.

1. Interdik wil Steinhoff belet om Pepkor te verkoop

’n Dringende aansoek is Dinsdag in die hooggeregshof in Kaapstad gebring om Steinhoff te belet om Pepkor-aandele te verkoop wat daartoe kan lei dat hy beheer oor dié filiaal van hom verloor.

Die aansoek is deur vyf maatskappye gebring wat onder andere deur Braam van Huyssteen, stigter van Tekkie Town, besit word. Die vyf applikante is ook die eisers in ’n saak teen Steinhoff om Tekkie Town terug te kry.

2. Vonke spat in Bantu Holomisa se kruisverhoor

“Wat is jou punt presies?” en “Ek het ’n paar lekker vrae wat ek jou kliënte wil vra,” is hoe Bantu Holomisa, leier van die UDM, vrae onder kruisverhoor antwoord.

Adv. Daniel Berger SC het Holomisa Woensdag onder kruisverhoor geneem voor die kommissie van ondersoek na gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK).

3. Sakevertroue erg geknou deur beurtkrag, swak rand

Sakevertroue is nou die laagste in sewe maande en het vier opeenvolgende maande verswak. Dit het ook al hoe vinniger verswak – en het dalk nog nie die onderste draaipunt bereik nie.

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid (SAKKN) se indeks van sakevertroue het in Maart met 5,8 punte tot 91,8 gedaal vergeleke met Maart 2018. Dis ook 1,6 punte laer as in Februarie.

Lees ook: Beurtkrag ‘stuit ekonomie in sy spore’ – Mike Schüssler

4. Group Five se krisis kan kragstasie kopseer gee

Die sakeredding waarin die konstruksiegroep Group Five is, kan dalk skuldprobleme veroorsaak vir ’n kragstasie wat deur hom bedryf word.

Group Five is die operateur van die kragstasie wat CPVPower Plant nr. 1 (CPV1) besit.

5. Bestee R50 by PnP, kry gratis sak van R5

Vir twee weke gaan Pick n Pay elke dag 20 000 herbruikbare winkelsakke aan sy klante landwyd verskaf as deel van sy veldtog om plastiekbesoedeling hok te slaan.

Die winkelreus het Dinsdag aangekondig dat enige klant wat meer as R50 by een van sy winkels bestee die kans staan om ’n gratis hoëgehaltesak wat uit 100% herwinde materiaal gemaak is te ontvang om verbruikers minder afhanklik van plastiek te maak.

Donderdag op die nuuslys

  • Statistieke Suid-Afrika maak die nuutste mynbou- en produksiesyfers bekend.
Meer oor:  Steinhoff  |  Tekkie Town  |  Group Five  |  Pepkor  |  Bantu Holomisa  |  Obk-Ondersoek  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.