Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-sake: Seks, ’n spaarvarkie en R40 mjd.
Die staat gaan sy spaarvark moet oopbreek om sommige staatsondernemings te help. Foto: Argief

Kyk hier wat jy misgeloop het as jy nie Dinsdag Sake gelees het nie en wat jy Woensdag kan verwag.

Die regering het geen keuse nie, hy gaan sy spaarvarkie moet oopbreek om geld vir sommige staatsondernemings te leen.

Boonop samel Jan Taks te min geld in en sal die begroting aangepas moet word.

1. Seks, avontuur en tegnologie – sien jy kans?

Seksspeelgoed raak toenemend meer tegnologies gevorderd, maar in Suid-Afrika skiet die toeganklikheid van dié soort speelgoed nog ver te kort, meen Nick Palmer, eienaar van die aanlyn sekswinkel Olivia Grey.

2.Whirlpool onttrek aan Suid-Afrika

Whirlpool, die Amerikaanse vervaardiger van yskaste, oonde, wasmasjiene en dies meer, gaan hom aan Suid-Afrika onttrek.

Volgens Business Insider het Whirlpool Dinsdag bevestig hy het sy plaaslike bedrywighede sowat ’n maand gelede verkoop.

3. Gill Marcus kap Matjila oor ‘net R40 mjd.’

Daar is vrae oor “net” sowat R40 miljard wat die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) belê het.

Dit wys die OBK het “baie goed” gevaar onder sy leiding, het dr. Dan Matjila, voormalige uitvoerende hoof van die OBK, Dinsdag voor die kommissie van ondersoek na gebeure by die korporasie getuig.

4. Eskom is grootste risiko vir staat se geldsake – Tito

Belastinginkomste kan aansienlik minder wees as wat verwag is in die lopende boekjaar. Dit sal beteken die regering sal aansienlik meer geld moet leen, wat sal beteken hy sal sy finansieringstrategie en sy weeklikse effekteveilings voor die volgende mediumtermynbegrotingsraamwerk moet hersien.

LEES OOK: Staat se noodvarkie oopgebreek vir SAL, SAUK

5. Facebook-fout: ‘Duisende’ kinders blootgestel

Facebook het erken dat sy “veilige” platform vir kinders jonger as 12 toe al die tyd nie so veilig was nie.

Weens ’n “integrale fout” in die ontwerp van Messenger Kids, kon vreemdelinge geselsies aanknoop met kinders so jonk as ses.

Woensdag op die nuuslys

  • Dan Matjila, voormalige uitvoerende hoof van die Openbare Beleggingskorporasie, getuig weer voor die kommissie van ondersoek na gebeure by dié instansie.
  • Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, gee ’n openbare lesing by die Unisa in Pretoria oor monetêre beleid.
  • Statistieke Suid-Afrika maak die jongste inflasiesyfer bekend.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.