Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-sake: Spek, wyn en ’n vlugtog
vleispryse
Lyk heerlik, of hoe? Maar dit kos nou ’n arm en ’n been. Foto: Pixabay

Kyk hier wat jy misgeloop het as jy nie Dinsdag Sake gelees het nie en wat jy Woensdag kan verwag.

Jy hoef nie noodwendig jou tassies te pak en op ’n vliegtuig te klim as jy ’n land wil verlaat nie.

As jy ’n internasionale belegger is, kan jy bloot van jou beleggings in ’n betrokke land ontslae raak.

Dit blyk verlede week die geval te gewees het.

1. Miljarde rande vloei uit SA soos buitelanders ‘vlug’

Die grootste storting van Suid-Afrikaanse staatseffekte deur buitelanders wat nóg op een dag aangeteken is, het Vrydag plaasgevind toe buitelanders altesame R9,6 miljard se staatseffekte verkoop het.

Vir die hele week was daar ’n totale netto uitvloei van R8,6 miljard (dus die verskil tussen effekte wat buitelanders gekoop en verkoop het).

2. Prys van spek skiet die hoogte in

Banting of nie banting nie – as jy geld wil spaar, moet jy maar wegbly van spek, een van die stapelvoedsels van dié hoëvetdieet. Spek het die afgelope jaar ’n allemintige 16,3% duurder geword, volgens inligting wat Statistieke Suid-Afrika bekend gemaak het. Dit is die skerpste styging van enige soort vleisproduk.

3. Soek jy werk? Hiér stel firmas nog mense aan

Of jy ’n bouer in die Oos-Kaap of ’n argitek in die Vrystaat is, die jongste indiensnemingsvooruitsigte wys waar Suid-Afrikaners nou die beste kans staan om werk te kry.

ManpowerGroup het Dinsdag sy verslag oor die indiensnemingsvooruitsigte vir die derde kwartaal uitgereik. Dinge lyk nie goed vir die boubedryf en vir Oos-Kapenaars nie, maar daar is hoop.

4. Trump al minder lus vir Franse wyn

Dit lyk of Franse wyn pres. Donald Trump van die VSA dwars in die krop steek.

Dit kom nadat hy reeds hoë invoertariewe op Chinese goedere ingestel het en ook dreig om dieselfde met Mexikaanse goedere te doen.

5. SAL-personeel betoog oor Jarana; vlugte nie geraak

Kajuitpersoneel wat vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) werk, gaan vandag na die lugdiens se hoofkantoor opmars. Hulle staak egter nie.

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Kajuitpersoneel (Sacca) het luidens Times Live oor die naweek gewaarsku dat sy lede Dinsdag by al die groot lughawens gaan betoog. Die vakbond Numsa sê sy lede gaan ook betoog.

Woensdag op die nuuslys

Statistieke Suid-Afrika maak die nuutste verkoopsyfers vir kleinhandel bekend.

Meer oor:  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Vuyani Jarana  |  Donald Trump  |  Staatseffekte  |  Beroepe  |  Wyn  |  Spek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.