Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Stakings, bier en lone
Daar is 'n goeie kans jou bier kan duurder word, maar hoekom?

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie Dinsdag Sake gelees het nie en wat jy Woensdag kan verwag.

As daar nou een ding is wat vakbonde die harnas injaag, dan is dit maatskappye wat aankondig hulle gaan herstruktureer en hul arbeidsmag afskaal.

Dit is dan ook geen wonder dat die vakbond Amcu die josie in is oor Impala Platinum se planne nie.

1. Amcu: ‘Ons sal staak oor afleggings by Implats’

Die vakbond Amcu het Dinsdag gewaarsku hy sal staak as onderhandelings oor Impala Platinum (Implats) se beplande afleggings faal.

Implats het Donderdag aangekondig dat hy as deel van ’n herstruktureringsplan oor die volgende twee jaar tot 13 000 werkers by sy myne buite Rustenburg kan aflê.

2. Minimum loon nog ’n stap nader aan realiteit

Die instel van ’n nasionale minimum loon is ’n stappie nader aan die werklikheid nadat die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) se gekose komitee oor ekonomiese en sakeontwikkeling ook die wetgewing goedgekeur het wat dit moontlik maak.

Dit kom nadat die portefeuljekomitee oor arbeid in die parlement vroeër vanjaar reeds die wetgewing goedgekeur het.

3. Jou bier word dalk duurder, en dís waarom

Die prys van jou ingevoerde bier gaan dalk deur die hittegolf in Europa beïnvloed word.

Dis omdat die gars, waarvan mout vir bier gemaak word, verskroei het op landerye in Noord-Europa, wat dalk tot ’n tekort aan mout gaan lei.

4. Sitrus skitter vir SA, Kaapse ekonomie

As die Wes-Kaap ’n land was, sou dit die wêreld se vyfde grootste sitrusuitvoerder gewees het.

As land is Suid-Afrika die tweede grootste uitvoerder ter wêreld van dié vrugtegroep, ná Spanje.

Suid-Afrika lewer 10% van die sitrus op die internasionale mark en die Wes-Kaap voer 62% hiervan uit, volgens ’n verklaring van die Wes-Kaapse departement van ekonomiese geleenthede.

5. Is die nuwe Fitbit vir kinders die moeite werd?

Fitbit het in Junie bekend gemaak hy stel nou sy visier op die jonger generasie. Dié gewilde skepper van fiksheidsbandjies het sy eerste toestel spesiaal vir kinders bekend gestel.

Nes Fitbit se bandjies vir volwassenes, meet die Ace kinders se treë en hoeveel minute per dag hulle aktief is.

Woensdag op die nuuslys

Die Kamer van Koophandel en Nywerheid (Sacci) reik sy indeks van sakevertroue vir Julie uit.

Glencore, Mpact en Quilter reik hul halfjaarresultate uit.

Quilter is Old Mutual se Britse welvaartbestuursfirma.

Meer oor:  Implats  |  Amcu  |  Fitbit  |  Stakings  |  Bier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.