Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Steinhoff, Sun City en duur skole
sun city
Sun International se hotel en casino in Sun City.

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie Maandag Sake gelees het nie en wat jy Dinsdag kan verwag.

Die forensiese verslag wat Vrydag oor Steinhoff gepubliseer is, het reeds heelwat wenkbroue laat lig.

1. Steinhoff: Nóg 9 dinge om oor ondersoek te weet

Baie dinge word tussen die lyne gesê in die eerste verklaring oor die forensiese ondersoek na boekhou-bedrog by Steinhoff. Nellie Brand-Jonker lig uit wat vir haar uitstaan.

Lees ook: Wiese: Verslag wys gronde vir eis van R59 mjd.

2. Sun City ‘bly gewild’, al daal inkomste

Die son skyn steeds vir Sun City, al het dié naweekbestemming die afgelope jaar vir sommige mense in die noorde van die land sy glans verloor.

Anthony Leeming, uitvoerende hoof van Sun International, sê Sun City “is so gewild soos altyd”, al het dit volgens die groep se jaarsyfers “onderpresteer”.

3. Ouers ál meer skugter vir duur private skole

Suid-Afrikaners wat óf emigreer óf nie meer private skole vir hul kinders kan bekostig nie, bly ’n doring in Advtech se vlees.

Dié maatskappy, wat nou 103 private skole en 29 tersiêre instellings besit, sê die “uitdagende Suid-Afrikaanse ekonomiese klimaat en onseker maatskaplik-politieke omgewing in die land het steeds ’n invloed op die organiese groei van sy leerlinggetalle”.

4. Platforms spook met gru-video van moskee-skietery

Platforms soos Facebook, Twitter, Reddit en YouTube spook om beeldmateriaal van Vrydag se skietery by ’n moskee in Christchurch, Nieu-Seeland, vinnig genoeg te verwyder.

Brenton Tarrant, die skieter, het beeldmateriaal van sy dade regstreeks op Facebook uitgesaai.

5. Wis Facebook uit, sê stigter van WhatsApp

Brian Acton, ’n medestigter van WhatsApp, het op ’n onlangse praatjie by die Universiteit van Stanford in Amerika studente gemaan om so gou as hulle kan van Facebook ontslae te raak.

Acton het WhatsApp saam met Jan Koum begin, maar het die kletsdiens in 2014 vir $19 miljard aan Facebook verkoop.

Dinsdag op die nuuslys

  • Die kommissie van ondersoek na gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie se sittings duur voort in Pretoria.
Meer oor:  Steinhoff  |  Advtech  |  Christo Wiese  |  Markus Jooste  |  Christchurch  |  Sun City  |  Sosiale Media  |  Moskee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.