
Mense wat WhatsApp gebruik moet so gou moontlik die nuutste weergawe van dié kletsdiens op hul fone laai.
Argief
Hier is wat jy misgeloop het as jy nie Dinsdag Sake gelees het nie en wat jy Woensdag kan verwag.
Verskeie syfers het Dinsdag die nuus gehaal. Die een syfer wat baie kommerwekkend is, is die jongste werkloosheidsyfer.
Ander syfers wat oë laat rek het, is dié wat oor Ayo Technology Solutions genoem is gedurende getuienis voor die kommissie van ondersoek na gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie.
1. Werkloosheid: SA stel verskriklike rekord op
Die Suid-Afrikaanse ekonomie het die jaar op ’n baie bitter noot begin met werkloosheid wat tot 27,6% opgeskiet het. Dit was in die vierde kwartaal van 2018 27,1%.
Uitgebreide werkloosheid (wat mense insluit wat reeds moed opgegee het nie meer werk soek nie) het die hoogste vlak tot nog toe op 38% bereik. Dit was voorheen 37%, wat ook reeds ’n rekord was.
Lees ook: Werkskepping: Meer as berade, mikro-stappe nodig
2. Pasop! Daar’s groot fout met WhatsApp
Facebook het ’n dringende beroep op gebruikers van sy gewilde kletsdiens WhatsApp gedoen om dadelik die jongste weergawe van die app af te laai.
’n Ernstige veiligheidsfout is onlangs ontdek wat kuberkrakers toegelaat het om sowel die Android- as Apple-weergawe van WhatsApp met spioenasieware te besmet.
3. Eskom gee toe steenkool kry wind van voor
Eskom kan nie alleen aan Suid-Afrika se kragvraag voldoen nie, het Jeff Radebe, minister van energie, Dinsdag beklemtoon.
“Ons kan nie al ons energie-eiers in een mandjie sit nie,” het hy by die opening van die Africa Utility Week in Kaapstad gesê.
4. Ayo se syfers ‘is bekonkel’
Ayo Technology Solutions se markwaarde ten tyde van sy notering in Desember 2017 “was opgemaak”.
Dit is die getuienis van Malick Salie, beleggingshoof by Ayo, Dinsdag voor die kommissie van ondersoek na die gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK).
Lees ook: Ayo distansieer hom van Salie se syfers
5. KYK: Eers vou fone, nou vou rekenaars
Die onafwendbare het gebeur. Eers was daar voubare slimfone en nou het Lenovo die wêreld se eerste voubare skootrekenaar bekend gestel.
Maatskappye soos Samsung, Huawei, LG en nou ook Lenovo is vol hoop dat voubare skerms die toekoms van die tegnologiebedryf is.
Dinsdag op die nuuslys
- Die kommissie van ondersoek na gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie gaan voort met sy sittings in Pretoria.
- Pres. Cyril Ramaphosa spreek beleggers toe by ’n konferensie wat Goldman Sachs in Parktown, Johannesburg, hou.
- Statistieke Suid-Afrika maak die jongste kleinhandelsyfers bekend.