Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Tekkies, petrol en ’n rot
So lyk die logo van Mr. Tekkie wat Braam van Huyssteen, stigter van Tekkie Town, nou begin.

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie Dinsdag Sake gelees het nie en wat jy Woensdag kan verwag.

Pres. Cyril Ramaphosa moes Dinsdag behoorlik bontstaan om antwoorde te gee oor ’n enorme lening wat die Chinese ontwikkelingsbank aan Eskom toegestaan het.

Sy taak was waarskynlik makliker as dié van ’n restaurantgroep – ook in China – waar ’n rot ’n chaos veroorsaak het.

1. Mr. Tekkie: ‘Ons is ook Steinhoff-slagoffers’

Mr. Tekkie is van die min goeie nuus wat uit die Steinhoff-debakel voortvloei en die stigters van dié klere- en skoenwinkel gaan met alle mag baklei vir “sy bestaansreg” en “ons wetlike reg om ’n nuwe sakeonderneming te begin”.

2. China sal nie beheer kry oor SA, verseker Cyril

Die voorwaardes vir die lening van R33 miljard wat Eskom van die Chinese ontwikkelingsbank gekry het, sal nie bekend gemaak word nie, want dié inligting is kommersieel sensitief en sal Eskom se posisie in die kapitaalmark benadeel.

Dit blyk uit pres. Cyril Ramaphosa se antwoorde Dinsdag in die Nasionale Raad van Provinsies.

Lees ook: So vorder ons met Eskom en kie, sê Cyril

3. KYK: Dooie rot laat aandeelprys tuimel

’n Chinese restaurantgroep is in die pekel ná plaaslike mediaberigte dat ’n klant ’n dooie rot in sy sop gekry het.

Aandele van Xiabuxiabu Catering Management China Holdings het Dinsdag met tot 11% op die aandelebeurs in Hongkong getuimel, nadat dit reeds vandeesmaand 6,1% van sy waarde prysgegee het toe die nuus oor die onwelkome happie in die kospotte bekend geword het.

4. Sakevertroue laat kommer oor ekonomie verdiep

Sakevertroue het in die derde kwartaal weer gedaal nadat dit ook in die tweede kwartaal gedaal het. Dis nou op net 38 punte, volgens RMB en die Buro vir Ekonomiese Navorsing aan die Universiteit Stellenbosch se indeks.

Sonder vertroue in saketoestande brei maatskappye nie

aggressief uit nie en stel hulle nie mense aan nie; daarsonder kan die ekonomie nie groei nie.

5. Petrolprys: Grootste skok in byna 4 j. lê voor

Die grootste petrolprysstyging in langer as drie en ’n half jaar lê in Oktober vir motoriste voor.

Die pyn by die pomp gaan aansienlik meer as R1/liter beloop, tensy die rand oor die volgende week drasties versterk en die olieprys daal.

Woensdag op die nuuslys:

Statistieke Suid-Afrika maak die nuutste kleinhandelsyfers bekend.

Ascendis Health, Clover en Comair maak hul jaarresultate bekend.

Meer oor:  Steinhoff  |  Mr. Tekkie  |  Eskom  |  Cyril Ramaphosa  |  China  |  Resessie  |  Petrolprys  |  Sakevertroue  |  Rot
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.