Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Tom Moyane, tekkies en koffie
Daar is 'n kans koffie kan dalk duurder word.

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie Woensdag Sake gelees het nie en wat jy Donderdag kan verwag.

Tom Moyane, afgedankte kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, wil maar net nie aanvaar hy is sy pos kwyt nie.

Hy steek viervoet vas en dreig pres. Cyril Ramaphosa nou met regstappe.

1. Moyane dreig Cyril: ‘Stel my weer aan!’

Moyane sê Ramaphosa het tot Vrydag om 12:00 om hom weer in sy pos aan te stel.

Ramaphosa het Moyane op 1 November afgedank.

Lees ook: Tom Moyane ‘klou soos Purity aan ’n wolkombers’

2. Meer as 100 000 deel van geding teen Steinhoff

Meer as 100 000 aandeelhouers in Steinhoff het geregistreer om deel van die groepsgeding teen die maatskappy te word wat in Suid-Afrika begin is.

Volgens Zain Lundell van LHL Attorneys in Johannesburg, wat die groepsgeding lei, sluit dit institusionele en gewone beleggers in.

Lees ook: Steinhoff: 3 direkteure, Jooste by polisie verklaar

3. Mr. Tekkie moet glo sekere tekkies van sy rak verwyder

Die skoene wat op die rakke van die drie Mr. Tekkie-winkels te koop is, gaan dalk binnekort verminder word, maar dit is nog lank nie die einde van die tekkie-twis nie.

Sowel Pepkor, eienaar van Tekkie Town, as die Mr. Tekkie-eienaars beskou ’n uitspraak in die hooggeregshof in Kaapstad as ’n oorwinning.

4. Eskom gaan bestuurders aflê

Eskom gaan lede van sy uitvoerende bestuur aflê om geld te bespaar.

Die nutsdiens sê in ’n kort verklaring sy bedryfskoste het “dramaties” gestyg, terwyl produksie grootliks onveranderd gebly het.

“Daarom het Eskom se direksie besluit om die maatskappy se organisatoriese ontwerp te hersien om bedryfs- en kostedoeltreffendheid te verbeter. Eskom se direksie het daarom ’n art. 189-proses goedgekeur vir sy uitvoerende struktuur.”

5. Koffie word dalk duurder

Viëtnam se koffie is uitverkoop – en dis ’n probleem vir alle koffieliefhebbers, wat dalk binnekort meer sal moet opdok vir hul daaglikse kaffeïen-lafenis.

Viëtnam is die wêreld se grootste produsent van robustakoffie.

Dié variëteit vorm die grondslag van kitskoffie wat onder meer deur Nestlé gemaak word.

Donderdag op die nuuslys:

Die Afrika Ontwikkelingsbank hou ’n beleggingsberaad in Sandton, Johannesburg.

Statistieke Suid-Afrika maak die jongste mynbou- en vervaardigingsyfers bekend.

Stefanutti Stocks en The Foschini Group maak hul resultate bekend.

Meer oor:  Steinhoff  |  Tekkie Town  |  Suid-Afrikaanse Inkomstediens  |  Pepkor  |  Mr Tekkie  |  Eskom  |  Cyril Ramaphosa  |  Tom Moyane  |  Belasting  |  Koffie  |  Tekkies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.