Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-sake: TV, plantasies en ’n arm lugdiens

Op die sokker en Wimbledon gefokus en sakenuus oorgeslaan gister? Hier is wat jy gemis het:

DStv Now binnekort in 4K

Jou DStv-skottel word aan jou huis vasgeheg, wat beteken ’n koper kan redeneer dat dit deel vorm van die gebou. Foto: Daniël Stadler

Rusbank-pokkels kan uitsien na hoëdefinisie-vermaak wanneer MultiChoice eersdaags video in 4K-resolusie op sy stromingsapp DStv Now beskikbaar gaan stel.

Dis deel van die groep se poging om beter mee te ding teen ander stroomdienste soos Netflix.

Om 4K-resolusie te kan geniet moet jy egter die nuwe soort 4K-televisiestelle benodig en ’n blitsvinnige internetverbinding van minstens 25 megagrepe per sekonde, benewens ’n onbeperkte datapakket.

SAL: Solidariteit trek eis om sakeredding terug

Die staatsbeheerde lugdiens SAL het aan die vakbond Solidariteit belowe hy soek onmiddellik na ’n private aandelevennoot. Solidariteit het toe besluit hy trek vir eers sy aansoek terug om die SAL in sakeredding te plaas.

Markus Jooste se bosboutransaksies ondersoek

Steinhoff kan maar net nie uit die nuus bly nie. Hierdie keer het die aankoop van bosbouplantasies aan die lig gekom wat ’n maatskappy verbonde aan Steinhoff International se topbestuur gedoen het. Drie jaar later is dit vir meer as vyf keer hul oorspronklike waarde verkoop.

Meer oor:  Sakpas  |  Sakpas-Sake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.