Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Vliegtuie, hofsake en R290 miljard
Solidariteit-lede betoog teen “rasse-uitsluiting” in Sandton.

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie die naweek Sake gelees het nie en wat jy dié week kan verwag.

As dit nie Eskom is nie, dan is dit die Suid-Afrikaanse Lugdiens wat die tesourie behoorlik grys hare gee en graderingsagentskappe na hul rooi penne laat gryp wanneer hulle na Suid-Afrika se skuld kyk.

Maar wat gemaak met dié lugdiens wat nie miljoene nie, maar miljarde rande skuld het?

1. ‘As ons die SAL moet toemaak, sal ons’

Die kanse raak al hoe groter dat die regering uiteindelik tot sy sinne gaan kom deur die SAL uit sy lyding te verlos en eenvoudig die deure te sluit.

Tito Mboweni, minister van finansies, het Woensdag en Donderdag, sonder dat hy eers daaroor uitgevra is, drie keer die moontlikheid genoem dat die SAL dalk toegemaak sal moet word. Hy het selfs so ver gegaan as om te sê “as ’n voormalige beleggingsbankier” dink hy nie dit gaan moontlik wees om iemand te kry wat sal belangstel om die lugdiens oor te neem nie.

2. KPMG opnuut in die spervuur

Die DA wil hê dat die Onafhanklike Reguleringsraad vir Ouditeure (Irba) KPMG se gedrag oor die afgelope drie jaar moet hersien.

Dit kom nadat dit glo aan die lig gekom het dat KPMG miljoene rande se skenkings aan die ANC gedoen het op versoek van Zweli Mkhize, toe die ANC se tesourier-generaal.

Mkhize is nou minister van samewerkende regering en tradisionele sake.

3. Arbeidshof moet sê oor Sasol-skema

Solidariteit gaan nou die arbeidshof nader nadat Sasol geweier het om bes te gee oor sy personeelaandeelskema Khanyisa.

Dié hofstukke is Donderdag aan Sasol beteken tydens ’n optog van werkers. Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie het sedert Januarie probeer om ’n oplossing vir die dispuut te vind, maar het twee weke gelede tou opgegooi.

4.Beleggingskonferensie lewer R290 miljard op

Die internasionale beleggingskonferensie wat Vrydag in Sandton, Johannesburg, gehou is, het beleggings van sowat R miljard vir Suid-Afrika opgelewer.

Dit is volgens pres. Cyril Ramaphosa ’n welkome hupstoot vir die Suid-Afrikaanse ekonomie en kan lei tot duisende nuwe werkgeleenthede in die land.

5. Waarom die ‘s’ in HTTPS so belangrik is

Al ooit gewonder waarom die “s” in HTTPS vooraan ’n webtuiste se adres kwansuis so belangrik is?

Sekerheidskenners waarsku al jare dat internetgebruikers op die uitkyk moet wees vir die ekstra “s” in adresse, of om daarop te let of die adres met die ikoon van ’n klein slot vergesel word.

Dié week op die nuuslys

Statistieke Suid-Afrika maak Dinsdag die jongste syfers oor die finansies van tersiêre instansies bekend.

Raubex (halfjaar), Famous Brands (halfjaar) en Cartrack (halfjaar) is van die maatskappye wat dié week resultate bekend maak.

Discovery hou Donderdag sy Leierskapberaad waar oud pres. Bill Clinton en sy vrou, Hillary, die voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake en presidentskandidaat, sowel as David Cameron, die voormalige Britse premier, toesprake sal lewer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.