Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Vliegtuie, howe en ’n TV
Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, tydens ’n mediakonferensie in Januarie 2018 oor die oorspronklike staatskapingsverslag. Molefe het op die geleentheid sy ontevredenheid uitgespreek oor hoe die Openbare Beskermer sy kant van die storie geïgnoreer het.

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie Woensdag Sake gelees het nie en wat jy Donderdag kan verwag.

Hoeveel keer sal jy probeer appèl aanteken by die hof as die uitspraak nie in jou guns was nie? Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, het duidelik gedink een keer was nié genoeg nie.

1. Hof gee Molefe 3de keer pak oor die sowat R30 m.

Die aansoek om verlof tot appèl van Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, is Woensdag die derde keer met ’n bestraffende kostebevel van die hand gewys.

Dit kom nadat Molefe op 1 November ’n hersieningsaansoek ingedien het.

2. Amcu se dae dalk getel

Die mynwerkersvakbond Amcu se dae is dalk getel.

Dit kom nadat Daniel Molefe, registrateur van arbeidsverhoudinge, Dinsdag ’n kennisgewing in die Staatskoerant gepubliseer het waarvolgens hy dié vakbond se registrasie by die departement van arbeid wil kanselleer.

3. ‘Gupta-lugdiens’ se vlerke geknip

Die Indiese lugdiens wat die Gupta-familie gebruik het om honderde gaste na dié veelbesproke troue by Sun City in 2013 te vervoer, het sy bedrywighede gestaak.

Jet Airways het laat verlede week aangekondig dat die Staatsbank van Indië hom namens ’n konsortium Indiese leners in kennis gestel het dat hulle nie sy aansoek om kritieke tussentydse befondsing gaan oorweeg nie.

4. Rykes se vertroue val verste in 1ste kwartaal

Ryker verbruikers se vertroue het in die eerste kwartaal van die jaar die verste geval en dit voorspel niks goeds vir winkelgroepe nie.

FNB en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek se peiling oor verbruikersvertroue toon in die eerste kwartaal het verbruikers se vertroue in die geheel tot byna nul geval.

Die indeks wat uit die peiling saamgestel word, staan nou op ’n punt van twee nadat dit met vyf punte geval het.

5.Samsung se reusagtige TV kom teen massiewe prys

Samsung se nuwe, massiewe 8K platskermtelevisie se skerm is byna 2,5 m breed en kos glo byna R1 miljoen.

Dié Suid-Koreaanse tegnologievervaardiger het Dinsdagaand sy nuwe reeks superluukse 8K-platskermtelevisies in Melrose Arch, Johannesburg, aan joernaliste en lede van die publiek bekend gestel.

Donderdag op die nuuslys:

1. Statistieke Suid-Afrika maak die jongste produsenteprysindeks bekend.

Meer oor:  Fnb  |  Samsung  |  Brian Molefe  |  Vliegtuie  |  Vakbond  |  Guptas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.