Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Vonke, trone en slegte nuus
Die laaste seisoen van Game of Thrones het Maandag begin.

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie Maandag Sake gelees het nie en wat jy Dinsdag kan verwag.

Wêreldwyd het miljoene mense vroeg Maandagoggend na die Game of Thrones gekyk.

Maar met dié reeks wat al so lank op die kassie is, is die vraag nou – het die Suid-Afrikaanse ekonomie die afgelope agt jaar net soveel verander soos wat die storielyn gedoen het?

1. Vonke spat weer by Holomisa-ondervraging

Regter Lex Mpati, voorsitter van die kommissie van ondersoek na gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), het Maandag weer vure doodgeslaan tydens die kommissie se openbare sittings in Pretoria.

Bantu Holomisa, leier van die UDM, en adv. Daniel Berger SC, het weer kwaai woorde vir mekaar gehad tydens Holomisa se kruisondervraging.

2. Petrolprys: Slegte nuus sleep voort in Mei

Die petrolprys gaan in Mei vir die vierde opeenvolgende maand styg – en dit lyk asof dit weer ’n stewige styging gaan wees.

Volgens die jongste syfers van die Sentrale Energiefonds is daar ’n onderverhaling (dus ’n dreigende styging) van tussen 55c en 56c op die petrolprys.

3. Die dag toe SuperSport moes ‘Eskom’ speel

Wat maak jy as beurtkrag ’n rugbystadion in die donker laat – rég voor ’n Superrugby-wedstryd?

En boonop wil die stadion se kragopwekkers nie werk nie?

Jy gaan klop aan die SuperSport-buite-uitsaaivragmotor se deur en vra of hulle kan help.

4. Krakers slaan toe op Microsoft-gebruikers se e-posse

Microsoft het bevestig ’n “beperkte aantal” gebruikers van sy e-posdienste se rekeninge is deur kuberkrakers binnegedring.

Dit sluit in persone met ’n @msn.com-, @outlook.comen @hotmail.com-e-posadres.

Kuberkrakers het toegang tot gebruikers se inligting gekry deur ’n agent van Microsoft se kliëntediensafdeling se rekening te kraak.

5. Inflasie knou selfs ‘Game of Thrones’

Game of Thrones-aanhangers: Die winter is hier. Minstens vir jou begroting.

Statistieke Suid-Afrika (SSA) het Maandag prettige syfers uitgereik om te wys hoeveel duurder sekere “noodsaaklike bykomstighede” geword het sedert die eerste seisoen van dié trefferreeks in 2011 uitgereik is.

Dinsdag op die nuuslys:

1. Die kommissie van ondersoek na gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie gaan voort met sy openbare sittings in Pretoria. Dit duur tot Woensdag.

2. Die tegnologiemaatskappy EOH maak sy halfjaarresultate bekend.

Meer oor:  Supersport  |  Eskom  |  Microsoft  |  Bantu Holomisa  |  Kuberkrakers  |  Beurtkrag  |  Petrolprys  |  Obk-Ondersoek  |  Game Of Thrones
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.