Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakpas-Sake: Whisky, e-tol en oliebolle
whiskey
Whiskey

Hier is wat jy misgeloop het as jy nie Woensdag Sake gelees het nie en wat jy Donderdag kan verwag.

Dit is tans net Brexit voor en Brexit agter wanneer jy die nuus lees. Gelukkig het Brittanje Woensdagoggend tussentydse handelstariewe aangekondig, anders was jou whisky waarskynlik binnekort – alles te danke aan die Britte – heelwat duurder.

1. Brexit: Dit kon jou whisky duurder gemaak het

Die impak van Brexit werk albei kante toe, nie net vir Suid-Afrikaanse uitvoerders nie, maar ook vir Suid-Afrikaanse invoerders. As Brittanje nie Woensdagoggend tussentydse handelstariewe aangekondig het wat vir al sy handelsvennote vir die volgende 12 maande sal geld nie, sou Suid-Afrikaners straks R4,50 per liter meer vir hul ingevoerde whisky uit die Skotse hooglande moes betaal.

2. OBK: ‘Jy maak soos ons sê of jy is uit’

Nog ’n staatsinstelling, nog ’n kommissie van ondersoek, nog getuienis oor ’n atmosfeer van vrees en intimidasie.

Verskeie werknemers van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) se getuienis die afgelope weke voor die kommissie van ondersoek na gebeure by die korporasie laat ’n aardige gevoel van déjà vu ontstaan.

Lees ook: OBK: ‘Bedenklike besluite kos hom miljoene rande’

3. Om nie jou e-tol te betaal nie, het ernstige gevolge

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) gaan voort om verstekvonnisse teen motoriste te kry wat weier om e-tol op die Gautengse paaie te betaal.

Dit beteken mense se kredietgeskiedenis by kredietburo’s kan geraak word en dit kan vir hulle moeilik word om skuld aan te gaan om byvoorbeeld ’n nuwe motor of huis te koop of om ’n selfoonkontrak aan te gaan.

4. Gordhan: Kom ons gee SAL nog jaar of twee

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is besig om aan sy geldsake te werk.

Dit is volgens Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, wat Woensdag vrae in die parlement beantwoord het oor of strategiese ekwiteitsvennote vir sukkelende staatsondernemings gesoek moet word.

5. Dunkin’ Donuts laat GPI-syfers bloei

Die probleme by Dunkin’ Donuts en Baskin-Robbins het Grand Parade Investments (GPI) laat bloei in die ses maande tot einde Desember.

Die groep, wat ook die meesterlisensie vir Burger King in Suid-Afrika hou, het Woensdagoggend in ’n Sens-verklaring die skaal van die krisis aangedui. Sy verdienste per aandeel vir die eerste helfte van sy boekjaar gaan met tussen 372% en 392% tuimel vergeleke met dieselfde halfjaar van 2017.

Donderdag op die nuuslys

  • Exxaro maak sy jaarresultate bekend.
  • Statistieke Suid-Afrika maak die jongste mynbou- en vervaardigingsyfers bekend.
Meer oor:  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Pravin Gordhan  |  Whiskey  |  Brexit  |  E-Tol  |  Obk-Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.