Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Salarisse van personeel op Robbeneiland gehalveer

Personeel van die Robbeneiland-museum (RIM) se salaris gaan met 50% verlaag en hul werksure verminder word.

Dit is van die aanpassings wat die bestuur van die RIM gemaak het om midde-in die voortslepende ekonomiese aanslag van Covid-19 in bedryf te probeer bly.

Siphuxolo Mazwi, bestuurder van die museum, het Donderdag gesê die bestuur het na alle herstruktureringsmoontlikhede gekyk omdat die organisasie finansieel in ’n krisis gedompel is. Daarom is verskillende opsies vir rasionalisering oorweeg sodat die RIM op kort termyn kan oorleef.

’n Afleggingsproses word ook oorweeg. Daar is tans 233 werknemers by die RIM en die veranderinge sal van 1 Junie 2021 geld.

Volgens Mazwi is almal ingelig oor die komende prosesse en interne vergaderings word gehou om die toekoms te bespreek.

Dit is nie net die RIM wat in die toerismesektor swaar deur die pandemie getref is nie. Verskeie organisasies het reeds 12 maande gelede hul personeel se salarisse verminder.

As ’n Wêrelderfenisgebied moet daar ’n balans getref word wat die instandhoudingswerk betref sodat dit nie van die oorspronklikheid en egtheid verloor nie.

Finansiële bystand is wel aan openbare ondernemings gegee om hul voortbestaan op kort termyn te verseker.

Mazwi het gesê ’n onlangse mediaberig het ’n baie slegte beeld van die RIM weergegee en dit word versterk deur die feit dat werknemers geraak word.

Ground-Up het op 12 April ’n berig met foto’s gepubliseer oor ’n besoekerservaring van die toer deur die museum en tronk.

Mazwi het gesê dienste en geriewe verg deurlopende werk om by te dra tot die waarde van die besoekerservaring.

“As ’n Wêrelderfenisgebied moet daar ’n balans getref word wat die instandhoudingswerk betref sodat dit nie van die oorspronklikheid en egtheid verloor nie,” sê hy.

Hy het gesê daar word versigtig beplan oor wat by die toer ingesluit word en dit fokus nie net op een aspek nie, maar ’n holistiese benadering word gevolg. ’n Besoek aan die eiland sluit nie net ’n besoek aan die tronk in nie.

Aspekte van die geskiedenis, erfenis, politiek, bewaring, letterkunde en opvoedkunde word ook ingesluit.

Gedurende die staat van inperking in 2020 het die RIM se bestuur die nodige verbeterings aan verskeie dele van die eiland asook aan die V&A Waterfront se besoekerseenheid aangebring.

“Die narratief oor geboue op die eiland wat nie in stand gehou word nie, is baie ver van die waarheid,” sê Mazwi.

’n Nuwe omgewingsbewaringshandleiding is saamgestel en word nagevolg om te verseker dat alle wetgewing en regulasies nagekom word.

Mazwi het gesê die geboue wat op foto’s in die artikel gewys word, is nie beskadig weens swak instandhouding nie.

Dit is die gevolg van ’n storm wat in Oktober skade aan verskeie dele van die eiland aangerig het. Die geboue is in die proses om herstel te word.

Die narratief oor geboue op die eiland wat nie in stand gehou word nie, is baie ver van die waarheid.

Hy het gesê die personeel is passievol oor die bewaring van die eiland en daarom is daar verskeie bewaringsplanne wat oorvleuel wat onder meer instandhouding, mariene bestuur, landskappe en biodiversiteit betref.

Die geïntegreerde-bewaringsbestuursplan wat in 2018 in werking getree het, word gevolg en volgens Mazwi is dit bloot nie waar om voor te gee dat geen riglyne nagekom word wat biodiversiteit betref nie.

Hy het bygevoeg die huidige finansiële klimaat kan die planne en strategieë beïnvloed, maar die RIM probeer om werksverliese tot die minimum te beperk.

Mazwi het gesê die RIM was tot op hede baie oop en eerlik oor wanbestuur wat ondersoek word en die tugverhore wat nog nie afgehandel is nie.

“Wanneer hierdie prosesse afgehandel is, sal die uitsprake bekend gemaak word,” sê hy.

Meer oor:  Salarisse  |  Robbeneiland  |  Siphuxolo Mazwi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.