Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Saldanha lok R300 m. se nuwe projekte
Bouwerk het begin aan ’n kantoorgebou op die perseel van die Saldanhabaai-nywerheidsontwikkelingsone. Dit behoort in April voltooi te wees.

Die Saldanhabaai-nywerheidsontwikkelingsone (SBIDZ) het drie nuwe beleggingsooreenkomste van R300 miljoen aangegaan, wat die totale ooreenkomste in die sone nou op 11 te staan bring.

David Maynier, Wes-Kaapse LUR van finansies en ekonomiese geleenthede, het dit Maandag aangekondig.

Die SBIDZ het ook onlangs ’n paar nuwe ontwikkelings begin. Dit sluit bouwerk aan die eerste beleggingsprojek in, naamlik ’n gespesialiseerde aanleg vir roesbeskerming. Bouplanne is ingedien vir nog twee beleggingsprojekte vir spesialisvervaardiging, asook vir die montering en vervaardiging van komponente wat ingevoer moet word.

Maynier sê die SBIDZ het ’n lys van beleggingsprojekte wat vervaardiging, pakstore asook nuwe hawe-infrastruktuur insluit. Verskeie private beleggers het op eie koste lewensvatbaarheidstudies gedoen wat wys daar is ’n vraag in die gebied vir geriewe om toerusting in die olie-, gas- en marienedienstebedryf te herstel, in stand te hou en te diens. Aankondigings oor dié beleggings kan binnekort verwag word.

Bouwerk aan ’n fasiliteit wat dienste aan die diepsee-oliebedryf sal lewer gaan in die vierde kwartaal begin sodra die nodige statutêre goedkeuring verkry is en die ontwerpplanne afgehandel is.

Die tydelike perseel wat gehuur kan word vir projekte met ’n looptyd van minder as 24 maande. Dit bied maklike toegang tot hawe-infrastruktuur.

Bouwerk het ook begin aan ’n kantoorkompleks op die SBIDZ se perseel. ’n Tydelike perseel is op 6,5 hektaar aan die suidoostelike kant van die sone uitgelê. Dit word verhuur aan projekte wat twee jaar of korter duur en wat maklike toegang tot die Saldanha-hawe benodig.

Die perseel word gebruik vir die tydelike stoor van windturbine-lemme, -opwekkers en -torings.

Die SBIDZ het in Februarie ’n gedeelde kantoorsentrum in Platinumstraat in Saldanha geopen waar kleinsakeondernemings die geriewe soos kantore, vergadersale, drukgeriewe, toegang tot skootrekenaars en gratis Wi-Fi kan benut.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.