Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
SA’ners koop eerder gebruikte motors

Suid-Afrikaners koop weer motors, maar verkies om eerder tweedehandse as nuwe wiele aan te skaf.

Wesbank sê dié tendens is duidelik te bespeur in die aansoeke om voertuigfinansiering wat hy gedurende Mei ontvang het.

“Wesbank se data dui op ’n toename in die vraag na gebruikte motors ten opsigte van finansiering. Dié tendens steun die voorspelling deur sekere ontleders dat verbruikers waarskynlik eerder gebruikte motors gaan koop om só die bedrag te verminder wat hulle maandeliks afbetaal én om minder aan vervoer te spandeer,” sê Lebogang Gaoaketse, hoof van bemarking en kommunikasie by WesBank, in ’n verklaring.

Wesbank sê die getal nuwe aansoeke om voertuigfinansiering gedurende Mei, was tussen 65% en 70% van wat dit ’n jaar tevore was.

Gaoaketse sê met dié dat daar ’n toename is in die aansoeke om voertuigfinansiering vir gebruikte motors, is sy syfers en dié wat die Nasionale Vereniging van Motorvervaardigers van Suid-Afrika (Naamsa) vir Mei bekend gestel het, nié in pas met mekaar nie.

Naamsa doen egter net verslag oor die verkope van nuwe voertuie.

Luidens Naamsa is daar 12 932 nuwe voertuie in Mei in Suid-Afrika verkoop. Dit is 68% minder as ’n jaar tevore en verteenwoordig boonop net sowat 30% van verkope in Januarie en Februarie vanjaar.

Volgens Naamsa is daar 9 019 nuwe passasiersmotors verkoop. Dit is 65,4% minder as in Mei 2019. Die mark vir ligte handelsvoertuie (LHV’s) het stadiger uit die blokke gekom, soos wat die staat van inperking gelig word. In Mei is daar net 3 073 nuwe eenhede verkoop. Dit is 74,8% minder as in dieselfde tydperk verlede jaar.

Van die 12 092 passasiersmotors en LHV’s wat verkoop is, is 10 606 (87,7%) via die handelaarskanaal verkoop. Die regering het 892 voertuie gekoop.

“Hierdie lae aktiwiteitsvlakke is geen verrassing nie,” sê Gaoaketse.

Hy sê hy hoop dat onder vlak drie en met die rentekoers wat die afgelope maande met 2,5% gedaal het, dat Suid-Afrikaners weer gaan begin om motors te koop.

Meer oor:  Naamsa  |  Wesbank  |  Motorverkope  |  Motors  |  Vlak 4  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.