Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
SA'ners se bakkies gly nou in die sand
Die Ford Ranger is een van die gewilde bakkies in Suid-Afrika.Foto: Verskaf

Talle Suid-Afrikaners mag dalk dol wees op ’n mooi bakkie, maar dit het nie gehelp dat hulle nuwes koop nie.

Volgens die Nasionale Vereniging van Motorvervaardigers (Naamsa) se nuutste verkoopsyfers, het motorverkope – en veral die verkope van bakkies – in November met ’n pap wiel gesukkel.

Naamsa se syfers wys dat die verkope van nuwe voertuie in November met 5,8% gedaal tot net 44 738 eenhede. Dit is teenoor ’n jaar tevore.

Dié droewige syfer volg op die hoogtepunt van die jaar wat in Oktober bereik is toe 51 978 eenhede verkoop is.

In November was dit veral verkope van ligte handelsvoertuie, bakkies en minibusse wat swaar getrek het. Luidens Naamsa is daar net 10 679 van dié eenhede in November verkoop. Dit is 22,1% minder as die 13 717 eenhede van ’n jaar tevore en die 13 361 eenhede in Oktober 2019.

Die swak prestasie van bakkieverkope is veral kommerwekkend aangesien dit van die gewildste voertuie in die mark is én omdat dit plaaslik vervaardig word,” sê Lebogang Gaoaketse, woordvoerder van Naamsa.

Gaoaketse sê die swak verkope oor die algemeen is uitsonderlik wanneer daar na jaarlikse tendense gekyk word.

Hy sê mense wat moontlik nou aan die einde van die jaar besluit het om eerder tot die nuwe jaar te wag voordat hulle ’n nuwe ryding aanskaf, kan ’n moontlike verduideliking vir die swakker as verwagte verkope wees.

Die ligpunt wat betref November-verkope was passasiersvoertuie. Suid-Afrikaners het 31 444 van dié eenhede in November gekoop. Dit is 1,3% hoër as ’n jaar gelede.

Nedbank sê die jongste syfers wys dat die onderliggende ekonomiese toestande nog steeds swak is. Lara Hodes, senior ekonoom van Investec, stem saam dat die laer voertuigverkope wys dat die ekonomie onder druk is. Sy sê ’n beduidende verbetering in sakevertroue gaan nodig wees voordat daar weer volhoubare groei in die voertuigmark gesien sal kan word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.