Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Seiljagte weer welkom, passasierskepe nié
Seiljagte lê op anker in die Kaapstad-hawe. Foto: Pixabay

Seiljagte kan weer anker gooi in Suid-Afrika se hawens, maar passasierskepe is nog nie welkom nie.

Dis volgens die nuwe regulasies wat dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Woensdagnag in die Staatskoerant gepubliseer het.

Die regulasies stel dit duidelik dat alle reisigers moet kan bewys dat hulle binne 72 uur voor hul aankoms negatief getoets is vir die koronavirus.

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagaand aangekondig dat hoewel die koronavirus-noodtoestand tot 15 Desember verleng is, die land weer sy deure wyd wil oopmaak vir toeriste.

“Ons heropen ook internasionale reise na alle lande onderworpe aan die nodige gesondheidsprotokolle en die

aanbied van ’n sertifikaat van ’n negatiewe Covid-19-toetsuitslag,” het hy gesê.

Die nuwe regulasies is reeds sedert van een sekonde ná middernag van krag.

LEES OOK: 'Welkom in SA': Toerisme juig oor oop grense

Meer oor:  Ekonomie  |  Koronavirus  |  Toerisme  |  Toerismebedryf  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.