Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Skrap e-tol, vra AA weer
Foto: Argief

Die Outomobiel-Assosiasie (AA) meen Fikile Mbalula, minister van vervoer, moet onmiddellik alle geld terugbetaal aan mense wat tot dusver reeds vir e-tol in Gauteng betaal het.

Die AA meen ’n heffing gekoppel aan die brandstofbelasting moet in Gauteng ingestel word wat vir die tolpaaie in Gauteng kan betaal.

Benewens die skrap van e-tol waarvoor baie ander organisasies al gevra het, wil die AA hê die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) moet ophou om motoriste te “teister” wat tot dusver steeds weier om e-tol te betaal.

Die AA meen die stappe sal baie help om die vertroue van Gautengse motoriste terug te wen.

Volgens die AA het hy navorsing gedoen wat wys mense sal nie in die huidige omstandighede bereid wees om vir e-tol te betaal nie, en dat selfs hul skuld by Sanral nie ’n faktor in hul besluit is nie.

Die AA het ’n peiling onder motoriste in Gauteng gedoen. Volgens die AA se bevindings betaal die meeste motoriste nie e-tol nie omdat hulle jare gelede reeds ’n beginselbesluit geneem het daaroor, en geen mate van oorreding sal hulle anders oortuig nie.

Boonop is die mense wat wel betaal ’n baie klein getal, en neem dit steeds af weens die verwarrende boodskappe van die provinsiale en nasionale regerings oor e-tol, asook die aankondiging in Maart dat mense nie vervolg sal word vir agterstallige skuld nie.

Die AA meen die enigste billike en doeltreffende manier om geld vir die tolpaaie in Gauteng in te samel, is om ’n bedrag tot die algemene brandstofheffing te voeg wat omhein word vir e-tol in Gauteng.

Mbalula het onlangs gesê dis nie so maklik om bloot e-tol te skrap nie.

David Makhura, premier van Gauteng, het in Julie gesê Gauteng se standpunt is dat dit geskrap moet word.

Peiling oor e-tol deur AA:
  • 50% van mense sê niks sal hulle oortuig om te begin betaal aan e-tol nie.
  • 30% sal begin betaal as hul skuld afgeskryf word.
  • 30% sal betaal as pryse verlaag word.
  • 30% sal betaal as Sanral sy benadering verander.
  • 25% sal betaal as hulle voordeel trek.
  • 10% sal betaal as hulle met regstappe gedreig word.

Meer oor:  Fikile Mbalula  |  E-Tol  |  Outomobiel-Assosiasie  |  Aa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.