Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Slegte nuus in SA rol van sterker rand se rug af

Die rand het Vrydagaand laat rondom sy sterkste vlak die afgelope maand van R14,75 teen die dollar verhandel. Dit het deur die dag 12c teen die dollar versterk.

A vendor counts out rand banknotes while working i
Die rand steur hom nie tans veel aan die slegte nuus in Suid-Afrika nie. Foto: Getty Images

Sedert einde Augustus, verlede Vrydag, het die rand ’n omkeer van 43c vanaf R15,18 gemaak.

“Die week is besaai met slegte nuus in Suid-Afrika oor xenofobiese en afskuwelike aanvalle op buitelandse burgers. Maar terwyl die strate van Johannesburg en Pretoria brand, het finansiële markte nie dié hitte gevoel nie,” het Bianca Botes, ’n vennoot van Peregrine Treasury Solutions, Vrydagoggend in ’n verklaring gesê.

Die sterker rand word toegeskryf aan internasionale spanning oor handel wat vandeesweek effens afgeneem het.

Botes het gesê die finansiële markte het skaars ’n oog geknip oor die gruwels in Suid-Afrika.

Van die plaaslike positiewe nuus was die BBP wat in die tweede kwartaal beter as verwag gegroei het.

Sy het gesê die rand het ’n uitsonderlike vertoning vandeesweek gelewer.

Die BBP-syfers het die geldeenheid aanvanklik aangespoor om uit die band van verhandeling tussen R15,17 en R15,35 in die afgelope maand te breek.

Mpho Tsebe, ’n ekonoom van RMB, het ook Vrydagoggend in ’n nuusbrief gesê aandeelpryse het vandeesweek internasionaal gestyg weens spanning oor handel wat afgeneem het.

Dit het ook gehelp om die Top-40-indeks en die indeks van alle aandele vandeesweek vir drie van die vyf dae op te skuif.

Meer oor:  Rand  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.