Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Só dra 9 provinsies tot SA se BBP by
bbp

Gauteng is die provinsie met die kleinste oppervlakte, maar het die grootste provinsiale ekonomie in die land. In 2017 het dit meer as ’n derde tot die nasionale bruto binnelandse produk (BBP) bygedra.

KwaZulu-Natal het die tweede grootste provinsiale ekonomie (16% van die BBP) en die Wes-Kaap is derde met 14%. In dié provinsies vind die meeste van die land se landbouproduksie plaas, sê Statistieke Suid-Afrika (SSA).

Die Gautengse ekonomie word oorheers deur vier sektore, naamlik finansiële dienste, regeringsdienste, vervaardiging en konstruksie.

Gauteng het in 2017 R1 590 miljard tot die land se BBP van R4 650 miljard bygedra. Met ’n bevolking van 14,3 miljoen mense, is dit ’n bydrae van R111 171 per persoon.

Dan volg die Wes-Kaap met R97 664 per persoon en die Vrystaat met R79 877. Die laagste bydrae kom van die Oos-Kaap teen R55 094 per persoon, volgens SSA-syfers.

Die regering is ’n belangrike drywer van ekonomiese aktiwiteit en dra 18% tot die land se BBP by. Dit is naas finansiële en sakedienste, wat nagenoeg 20% bydra, die grootste bedryf in die land se ekonomie. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.