Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Só groei SA ekonomie in 2018

Suid-Afrika se ekonomie het in 2018 met ’n skamele 0,8% gegroei, wat in pas is met die verwagting van ekonome wat aan Sake se Ekonoom van die Jaar-wedstryd deelgeneem het.

bbp1804
2018 se groei was swakker as dié van 2017.

Dis teenoor 0,4% in 2016 en 1,4% in 2017.

Die jaar se groei is afgerem deur landbou (-4,8%), mynbou (-1,7%) en konstruksie (-1,2%), maar alle bedrywe het tam gevaar - die sterkste groei, van 1,8%, was in finansiële en sakedienste.

Groei in die 4de kwartaal

In die vierde kwartaal van 2018 het die ekonomie met 1,4% gegroei vergeleke met die derde kwartaal, het Statistieke Suid-Afrika Dinsdagoggend bekend gemaak.

Die kwartaalgroei vir die derde kwartaal is aangepas tot 2,6% (van die aanvanklike raming van 2,2%). Dit het gevolg op -2,7% in die eerste kwartaal en -0,5% in die tweede kwartaal, wat die land in ’n resessie gedompel het.

Die primêre sektor (landbou en mynbou) het op ’n kwartaalgrondslag met 1,1% ingekrimp, grootliks weens die inkrimping in die mynbou (-3,8%) - die skerpste inkrimping van enige bedryf. Landbou, daarenteen, het in die kwartaal met 7,9% gegroei - die grootste styging van enige bedryf.

Die sekondêre sektor (vervaardiging, kragopwekking en konstruksie) het met 3% gegroei, aangedryf deur ’n stewige groei van 4,5% in die vervaardigingsbedryf.  Veral die vervaardiging van petroleum, chemiese produkte en plastiek; motors, motoronderdele en -bykomstighede; en kos en drinkgoed het dié bedryf ondersteun. Konstruksie het egter met 0,7% ingekrimp.

Die tersiêre sektor (handel, vervoer, finansiële dienste, die staatsdiens en persoonlike dienste) het met 1,1% gegroei, aangedryf deur 2,7%-groei in finansiële dienste. Veral versekering en eiendomsagente het tot die groei bygedra. Die handel het in die kwartaal - die kwartaal wat Swart Vrydag en Kersfees insluit - met 0,7% ingekrimp.

Op ’n kwartaalgrondslag het ses van die tien bedrywe wat SSA meet, gegroei en vier het ingekrimp. Dit lyk as volg:

  • Landbou 7,9%
  • Vervoer 7,7%
  • Vervaardiging 4,5%
  • Finansiële dienste 1,1%
  • Persoonlike dienste 1,7%
  • Kragopwekking 0,2%
  • Staatsdiens -0,6%
  • Konstruksie -0,7%
  • Handel -0,7%
  • Mynbou -3,8%

Op ’n jaargrondslag het sewe van die tien bedrywe wat SSA meet, gegroei en vier het ingekrimp. Dit lyk as volg:

  • Finansies 1,8%
  • Vervaardiging 1,6%
  • Staatsdiens 1,3%
  • Persoonlike dienste 1%
  • Vervoer 1%
  • Kragopwekking 0,9%
  • Handel 0,6%
  • Konstruksie -1,2%
  • Mynbou -1,7%
  • Landbou -4,8%

    Watter groei is vir 2018 is verwag?

    Die volgende instellings se groeiverwagtings in Januarie vanjaar was:

    • Wêreldbank: 0,9%
    • Internasionale Monetêre Fonds: 0,8%
    • Konsensusraming van 30 ekonome wat in 2018 aan Sake se Ekonoom van die Jaar-wedstryd deelgeneem het: 0,8%
    • Reserwebank: 0,7%
    • Moody’s Investors Service: 0,5%

    Watter groei word vir 2019 verwag?

    • Reserwebank: 1,7%
    • Moody’s Investors Service: 1,5%
    • Internasionale Monetêre Fonds: 1,4%
    • Konsensusraming van 37 ekonome wat in 2019 aan Sake se Ekonoom van die Jaar-wedstryd deelneem: 1,3%
    • Wêreldbank: 1,3%
    bbp
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.