Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Só kan inflasie styg weens duurder krag – Reserwebank

Die verhoging in kragtariewe wat pas toegestaan is, kan die inflasiekoers met 0,75 van ’n persentasiepunt verhoog, sê Kuben Naidoo, een van die adjunkpresidente van die Reserwebank.

Kuben Naidoo, een van die drie adjunkpresidente van die Reserwebank.

Eskom het verlede week toestemming gekry om vanaf April sy groothandelkragtariewe met 9,4% te verhoog.

Dit gaan die algehele verhoging van die tariewe wat munisipaliteite en ander groot verbruikers betaal, vanjaar op 13,8% te staan bring.

Dit is amper 50% meer as die aanname wat die Reserwebank in sy jongste vooruitskatting oor die inflasiekoers vir 2019 gemaak het. Daarin is voorspel dat die inflasiekoers vanjaar onder 5% gaan bly.

Die Reserwebank het in November die rentekoers vir die eerste keer in meer as twee jaar verhoog, maar dit in Januarie onveranderd gelaat.

Naidoo het in Kaapstad op ’n konferensie gesê “dit is nie ’n geheim nie dat die VSA nou in ’n siklus is wanneer rentekoerse stadiger gaan styg en dit gaan die druk op die rand verminder”.

Inflasie het in Januarie die stadigste in tien maande gegroei teen 4%.

Die volgende rentekoersbesluit word op 28 Maart bekend gemaak. – Bloomberg

Meer oor:  Nersa  |  Eskom  |  Kuben Naidoo  |  Inflasie  |  Kragtariewe  |  Reserwebank  |  Krag  |  Inflasiekoers  |  Elektrisiteit  |  Rentekoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.