Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Só klim paniek op die markte oor virus

Paniek oor die koronavirus se impak op maatskappye en die ekonomie het Donderdag skerp met 40% gestyg.

A man wearing a face mask walks past statues of bu
Beleggers se paniek oor die koronavirus het aandelemarkte skerp laat val. 'n Man stap by 'n standbeeld van bulle verby in Beijing. Foto: AP

Dít is te oordeel aan die bekende VIX-indeks wat algemeen deur beleggers gebruik word as ’n koorspen vir die paniek op die markte.

Die sluitingsprys van 39,1 punte Donderdagaand in die VIX is die hoogste in byna ’n dekade.

Iress toon die VIX-indeks het van verlede Vrydag onafgebroke spronge gemaak tot die 39,1 punte waar dit nou staan.

Dit het die afgelope week reeds met 151% gestyg van 15,5 punte verlede Vrydag.

Dit is sover Netwerk24 kon vasstel, deur die Iress-stelsel se historiese data te gebruik, die skerpste weekstyging sedert die ontstaan van die indeks aan die begin van 2004.

Die VIX het sy vorige hoogste vlak op 20 November 2008 van 80,8 punte bereik.

Dit was midde die internasionale finansiële krisis en ná die ineenstorting van die groot banke in Amerika.

VIX
VIX

Wat is die VIX?

Die indeks staan algemeen as die vrees-indeks bekend en is deur die Amerikaanse Chicago Board Options Exchange (CBOE) geskep.

Die indeks is ’n maatstaf wat beleggers se verwagting toon van wat die wisselvalligheid oor die komende 30 dae in die markte gaan wees.

Dit is gegrond op die pryse van afgeleide instrumente wat op die S&P 500-indeks gegrond is.

’n Indeks is ’n hipotetiese portefeulje van beleggings wat gehou word gegrond op ’n spesifieke segment van die aandelemark. Die S&P 500 is byvoorbeeld opgestel op die grootste 500 maatskappye se aandele in markwaarde op die aandelemarkte in Amerika.

Die berekening van die indeks se waarde kom van die onderliggende aandeelpryse van die maatskappye daarop.

Die CBOE is die grootste beurs vir afgeleide instrumente in Amerika. – Bronne: Investopedia, Wikipedia

Meer oor:  Dow Jones  |  S&P 500  |  Koronavirus  |  Paniek  |  Aandelemark  |  Vrees  |  Beurs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.