SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Ekonomie
Só krimp die ekonomie met 0,6%
Suid-Afrika se ekonomie het met 0,6% ingekrimp gedurende die derde kwartaal van die jaar.Foto: Pixabay

Suid-Afrika se ekonomie het in die derde kwartaal van vanjaar met 0,6% ingekrimp.

Statistieke Suid-Afrika het Dinsdagoggend die jongste syfers vir die bruto binnelandse produk (BBP) vir die kwartaal tot einde September uitgereik.

Dit kom nadat die ekonomie in die tweede kwartaal van vanjaar met 3,2% gegroei (hersiene syfer) het, maar met 3,1% ingekrimp het gedurende die eerste kwartaal.

Die SSA het oorspronklik berig die ekonomie het met 3,1% in die tweede kwartaal gegroei.

Die kwartaal se groei is veral afgerem deur mynbou (-6,1%), vervaardiging (-3,9%) en vervoer en telekommunikasie (-5,4%).

Van groei was daar nie veel tekens nie. Handel het wel met 2,6% en die staatsdiens met 2,4% gegroei.

Die primêre sektor (landbou en mynbou) het op ’n kwartaalgrondslag met 5,5% ingekrimp, grootliks weens die inkrimping in die mynbou (-6,1%) – die skerpste inkrimping van enige bedryf. Landbou het ook swaar getrek en het met 3,6% ingekrimp.

Die sekondêre sektor (vervaardiging, kragopwekking en konstruksie) het met 3,8% ingekrimp.

Hier was veral kragopwekking die sondaar en het met 4,9% ingekrimp.

Vervaardiging het weens produksie van veral yster en staalprodukte met 3,9% ingekrimp.

Wat betref konstruksie (-2,7%) was daar ’n agteruitgang in alle vorme van konstruksie – van residensiële tot groot konstruksieprojekte.

Die tersiêre sektor (handel, vervoer, finansiële dienste, die staatsdiens en persoonlike dienste) is die enigste van die drie sektore wat wel gegroei het.

Die groei van ’n skamele 0,9% is aangedryf deur ’n groei van 2,6% in handel, 2,4% in die staatsdiens en 1,6% in finansiële dienste. Wat betref handel was dit veral goeie groei in groot- en motorhandel wat dié syfer ’n hupstoot gegee het.

Die groei in die staatsdiens was bloot weens meer mense wat in dié tyd in diens geneem is by veral munisipaliteite en hoëronderwysinstellings.

Op ’n kwartaalgrondslag het net vier van die tien bedrywe wat die SSA meet, gegroei terwyl ses ingekrimp het. Dit lyk as volg:

  • Handel 2,6%
  • Staatsdiens 2,4%
  • Finansies 1,6%
  • Persoonlike dienste 0,4%
  • Konstruksie -2,7%
  • Landbou -3,6%
  • Vervaardiging -3,9%
  • Elektrisiteit -4,9%
  • Vervoer en telekommunikasie -5,4%
  • Mynbou -6,1%

Watter groei word vir 2019 op ’n jaargrondslag verwag?

  • Reserwebank: 0,5%
  • Moody’s Investors Service: 0,7%
  • Internasionale Monetêre Fonds: 0,7%
  • Konsensusraming van 38 ekonome wat in 2019 aan Sake se Ekonoom van die Jaar-wedstryd deelneem: 0,4%
  • Wêreldbank: 1,3%
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.