Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Só lyk vlugreëls op vlak 3

Suid-Afrika se lughawens sal in fases heropen word vir beperkte plaaslike vlugte. Vlugte sal heeltemal vol bespreek mag word – met die uitsondering van die heel agterste ry, wat ’n “isolasiegebied” word vir enigeen wat Covid-19-simptome op die vlug toon.

Om mee te begin, sal net die Kaapstadse Lughawe, die King Shaka-lughawe in Durban, en die O.R. Tambo- lughawe in Johannesburg op 1 Junie open, het Fikile Mbalula, minister van vervoer, Saterdag op ’n nuuskonferensie gesê.

Volgens regulasies wat ook Saterdag gepubliseer is, mag Lanseria ook oopmaak, maar Mbalula sê dié lughawe, wat in private besit is, moet nog gereed verklaar word.

Ander lughawens sal mettertyd open.

Net passasiers sal in die terminusgeboue toegelaat word, nie mense wat hulle wil afsien en kom haal nie.

Die mense se koors sal geneem word wanneer hulle instap by die terminusgebou waarvandaan hulle vertrek. Dit sal ook gedoen word wanneer mense by hul bestemming aankom. Daar sal minder ingange wees om die siftingstoetse makliker te maak.

Vlugte mag vol wees. Mbalula sê vliegtuie se lug is steriel en die risiko vir infeksie is dus laag in ’n vliegtuig.

Die grootste risiko op vlugte is dat mense wat nog geen simptome toon nie en nie weet hulle het die virussiekte onder lede nie, aan boord kan kom.

Die belangrikste is dus dat mense protokolle van higiëne volg, soos om hul hande te was en maskers te dra.

Alle vliegtuie moet voor elke vlug ontsmet word.

Geen tydskrifte sal aan boord geplaas word nie en geen kos mag bedien word nie.

Die laaste ry word gereserveer vir die isolasie van mense wat simptome van die virus ontwikkel terwyl hulle op die vlug is.

Mense word aangemoedig om hulself in te teken ten einde lang rye te vermy.

Alle internasionale passasiersvlugte word steeds verbied, met die uitsondering van dié vir die repatriasie van Suid-Afrikaners uit die buiteland of van buitelanders wat die land verlaat. Dis onveranderd sedert vlak 4.

Reis vir ontspanning of vermaak bly verbode.

Net mense wat vir werk moet reis, mag vlieg. En hulle moet geskrewe magtiging hê.

Meer oor:  Fikile Mbalula  |  Lughawens  |  Staat Van Inperking  |  Lugdienste  |  Koronavirus  |  Vlak 3  |  Vliegtuie  |  Inperking  |  Vlugte  |  Covid-19  |  Vervoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.