Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Só lyk impak van nuwe tariewe vir water, krag

Verbruikers landwyd betaal nou 10,4% méér vir krag en huishoudelike brandstowwe soos paraffien as ’n jaar gelede.

 inflasie
Statistieke Suid-Afrika het Woensdag die nuutste inflasiesyfer bekend gemaak.

Hulle betaal ook 10,3% meer vir water, volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) se syfers vir Julie.

Krag- en watertariewe en eiendomsbelasting word in Julie gemeet, wanneer munisipaliteite se nuwe tariewe geld.

Hoewel hoog, is die styging in watertariewe laer as in 2018, toe dit met 11,8% opgeskiet het te midde van streng waterbeperkings en gepaardgaande hoër tariewe in groot dele van die Wes- en Noord-Kaap.

Die styging in water- en kragtariewe word ’n ietwat versag deurdat ander munisipale dienste nie so skerp gestyg het nie. Die mandjie vir water en ander verwante dienste is 7,1% duurder as ’n jaar gelede, ’n groot verbetering teenoor Junie se koers van 10,9%.

Dié verbetering het gehelp om die algehele inflasiekoers vir behuising en nutsdienste in toom te hou op 5,1%, slegs 0,2 van ’n persentasiepunt hoër as in Junie.

Volgens Patrick Kelly, uitvoerende direkteur van prysstatistieke van SSA, was munisipale heffings die grootste aandrywer van inflasie in Julie. Dit het 1,2 persentasiepunte tot die algehele inflasiekoers van 4% bygedra.

Kragtariewe het in Julie op ’n jaargrondslag met 10,5% opgegaan, teenoor 2018 se gemiddelde styging van 6,8%.

Impak van petrolprys

Die daling in die petrolprys in Julie het ’n sleutelrol gespeel in die laer inflasiekoers vir die maand.

Die prys van 95-oktaan-petrol in Gauteng was in Julie R15,81, teenoor die R16,02 in Julie 2018.

Dié daling het daartoe gelei dat die inflasiekoers vir vervoer van 5,5% in Junie tot 3% in Julie verbeter het.

As gevolg hiervan het die bydrae van inflasie in vervoer tot die algehele inflasiekoers gehalveer van 0,8 persentasiepunte in Junie, tot slegs 0,4 persentasiepunte in Julie.

Die daling in die petrolprys was verantwoordelik vir 0,4 van die totale daling van 0,5 persentasiepunt in inflasie in Julie teenoor Junie, van 4,5% tot 4%.

Meer oor:  Ekonomiese Groei  |  Inflasie  |  Munisipaliteite  |  Petrolprys  |  Tariewe  |  Vpi  |  Vpi1907  |  Inflasiekoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.