Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Só lyk SA se klein- en medium-ondernemings
KMO, kleinsake, onderneming,
Daar behoort ’n groter fokus te wees op Suid-Afrika se klein en medium-ondernemings (KMO’s) vanweë hul bydrae tot werkskepping en sakegroei. Foto: Unsplash

Geld vir beginnerondernemings word ’n al hoe groter besprekingspunt. Hoewel dié ondernemings baie belangrik is, behoort daar ’n groter fokus te wees op Suid-Afrika se klein en medium-ondernemings (KMO’s) vanweë hul bydrae tot werkskepping en sakegroei.

Só sê Kumaran Padayachee, uitvoerende hoof van Spartan SME, wat eksklusief fokus op finansiering van KMO’s en entrepreneurs, in ’n verklaring.

Volgens hom is finansiering belangrik vir meer gevestigde KMO’s wat reeds ’n paar jaar suksesvol sake doen en die volgende stap kan doen. Die regering behoort ’n raamwerk te stel en te implementeer wat dié ondernemings sal help en tot groei sal lei.

Hy verwys na SME South Africa se onlangse Landscape Report met syfers dat 48% van KMO’s elk tussen twee en vyf mense in diens het. As so ’n onderneming die regte finansiering het, kan nog meer poste geskep word. Dié navorsing, deur In on Africa, is tussen Mei en Augustus verlede jaar onder sowat 1 000 KMO-eienaars gedoen.

Padayachee sê een van die grootste probleme vir Suid-Afrikaanse KMO’s wat wil uitbrei, is die uitgerekte finansieringsproses. In die algemeen neem dit tussen twee en drie maande, soms tot nege maande.

Hy glo as dié proses versnel word, sal dit op vele vlakke tot Suid-Afrika se voordeel strek.

ondernemings

Meer oor:  Kmo's  |  Ondernemings  |  Kleinsake  |  Werkskepping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.