Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Só moet Ramaphosa ekonomiese groei aanhelp
Fanie Brink

Die vraag oor watter “toepaslike beleidsmaatreëls” die ANC se president, Cyril Ramaphosa, in gedagte het om “ekonomiese groei aan te wakker” is baie belangrik, maar ook baie onduidelik.

Ek reageer op die artikel “Rand se waarde dalk nie voordelig vir groeivooruitsigte” deur die bekende ekonoom dr. Roelof Botha.

So lank as wat die ANC ’n beleid van sosialisme en kommunisme aanhang, kan hy heeltemal daarvan vergeet om ekonomiese groei te skep.

Daar bestaan ook geen bewyse dat monetêre beleid “genoegsame ruimte vir ekonomiese groei toelaat” nie en dit kan ook nog minder, volgens die Reserwebank se mandaat, die wisselkoers beskerm of in die belang van “gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei,” wees.

Ekonomiese groei word elke dag in die wêreld deur die winsmotief gedryf en geskep, maar blykbaar is daar nie regtig ekonome wat dit verstaan nie en daarom klou hulle steeds was aan monetêre beleid wat in werklikheid in alle opsigte irrelevant is!

Die algemeen aanvaarde verwantskap tussen die Reserwebank se rentekoersbeleid en die inflasie- en wisselkoers, en ekonomiese groei, kan eenvoudig nie deur die toepassing van monetêre beleid verklaar of verduidelik word nie en is daarom nie betekenisvol of relevant nie.

Ekonomiese groei word deur wins geskep en wins word, eerstens, bepaal deur die veranderings in die pryse van al die insette wat in die ekonomie gebruik word, soos byvoorbeeld die pryse van gouderts en steenkool, in verhouding tot die pryse van die uitsette, soos byvoorbeeld die pryse van goud en elektrisiteit onderskeidelik, wat gelewer word.

Cyril Ramaphosa tydens die ANC se nasionale konferensie. Foto: Felix Dlangamandla

Tweedens, deur die doeltreffendheid waarmee die insette in uitsette omskep word, met ander woorde, deur die hoeveelheid gouderts en steenkool wat benodig word om een kilogram goud en ’n 1 000 kilowatt elektrisiteit onderskeidelik te kan lewer.

Die doeltreffendheid van hierdie prosesse, soos ook in al die ander bedrywe in die ekonomie, moet deurlopend verbeter word deur nuwe tegnologiese ontwikkelings wat winsgewendheid kan verbeter deur meer uitsette met dieselfde hoeveelheid insette, of dieselfde hoeveelheid uitsette met minder insette te kan lewer.

Dit is die enigste manier hoe ekonomiese groei geskep kan word, en geensins deur monetêre beleid nie.
Fanie Brink

Indien die president van die ANC gevolglik die ekonomiese groei van die land wil verbeter, sal hy ondersoeke moet onderneem om te bepaal watter probleme elke bedryf in die verskillende sektore van die ekonomie ondervind om meer winsgewend te wees en wat elke bedryf verhoed om ’n groter bydrae tot ekonomiese groei te kan lewer.

Dit is die enigste manier hoe ekonomiese groei geskep kan word, en geensins deur monetêre beleid nie.

Die grootste probleem is egter dat die ANC-regering nie van sy bestaande politieke en ekonomiese beleid wat ekonomiese groei en welvaart vernietig, sal wil afsien nie en daarom kan daar geen groot verwagtings in hierdie verband vir die land in die vooruitsig wees nie.

* Fanie Brink is ’n onafhanklike landbou-ekonoom van Bothaville.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Fanie Brink  |  Beleid  |  Anc  |  Ekonomie  |  Ekonomiese Groei
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.