Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Só styg tolgeld in Maart
Die Grasmere-tolhek op die N1-snelweg. Foto: Argief

Tariewe by tolhekke op die land se paaie sal vanaf 1 Maart met 4,31% styg. Dit sluit egter e-tol in Gauteng uit.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) sê Dinsdag in ’n verklaring dat hy die inflasiekoers as maatstaf vir die verhoging gebruik het.

“Ons gebruik die inflasiekoers as riglyn sodat die toltariewe in reële terme dieselfde bly, wat beteken dat daar effektief geen verhoging is in die tarief vandat die toltarief ingestel is nie,” sê Vusi Mona, woordvoerder van Sanral, in die verklaring.

Spesiale afslag vir gereelde gebruikers van spesifieke tolhekke sal steeds geld. Motoriste moet by die onderskeie tolhekke aansoek om afslag doen.

Die tariewe vir die onderskeie tolhekke is reeds Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer.

Tariewe vir klas 1-voertuie, wat motors met of sonder sleepwaens en motorfietse insluit, is nou as volg vir die onderskeie tolhekke op die hoofpaaie (afritte uitgesluit):

  • N1 Hugenote: R41,50
  • N1 Verkeerdevlei: R59,50
  • N1 Vaal: R69,50
  • N1 Grasmere: R21,00
  • N1 Kranskop: R46,50
  • N1 Nyl: R60,50
  • N1 Capricorn: R48,50
  • N1 Boabab: R47,00
  • N2 Tsitsikamma: R55,50
  • N2 Oribi: R31,00
  • N2 oThongathi: R12,00
  • N2 Mvoti: R14,00
  • N2 Mtunzini: R48,50
  • N3 Mariannhill: R12,50
  • N4 Pelindaba: R6,00
  • N4 Quagga: R5,00
  • N17 Gosforth: R13,00
  • N17 Dalpark: 12,00
  • N17 Leandra R38,50
  • N17 Trichart: R19,00
  • N17 Ermelo: R34,00
  • R30 Brandfort: R47,50

* Ander tolhekke op die N3 tussen Johannesburg en Durban se tariewe is nie in die Staatskoerant gepubliseer nie.

Meer oor:  Sanral
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.