Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Só tuimel verkope in April
Ekonomiese transaksies in Suid-Afrika het in April teen die vinnigste pas nog teruggesak. Foto: Pixabay

Vroeë aanduidings is dat Suid-Afrika se ekonomie in April teen die vinnigste tempo nóg teruggesak het.

Dié verdoemende prentjie blyk uit een van die eerste breë aanduidings van ekonomiese bedrywighede – BankservAfrica se indeks van ekonomiese transaksies (Beti).

Die Beti meet onder meer krediet- en debietkaartbetalings, elektroniese oordragte en onttrekkings by kitsbanke.

Volgens die Beti was die randwaarde van transaksies in April R709,2 miljard.

Shergeran Naidoo van BankservAfrica sê dit is 16,4% laer as ’n jaar gelede.

Mike Schüssler, hoofekonoom van Economists.co.za en samesteller van die indeks, sê die reële waarde van transaksies wat in April gedoen is, is die laagste sedert Februarie 2006.

“Die syfers in Mei sal waarskynlik dieselfde wees, wat beteken dat die Suid-Afrikaanse ekonomie die vooruitgang wat hy die afgelope 14 jaar gemaak het, verloor het,” sê Schüssler.

“Die ekonomiese transaksies wat in die krisis verdwyn het, weerspieël die enorme onderliggende ekonomiese skade wat die krisis veroorsaak,,” sê Schüssler.

Suid-Afrikaners is die hele April tuis gehou weens die staat van inperking om die verspreiding van die koronavirus te probeer bekamp.

Streng regulasies het bepaal wat, waar en hoe mense goedere kon koop.

Dit is die tweede opeenvolgende maand dat die Beti dui op die vinnige pas van ekonomiese agteruitgang.

Die indeks was in Maart 3,3% laer as in Februarie.

Ontleders voorspel ekonomiese groei van tot -10% vir Suid-Afrika vir die volle 2020. Die Reserwebank het onlangs sy vooruitsig tot -6,1% verlaag.

Die kredietgraderingsagentskap Moody’s Investors Service verwag groei van -6,5% en die Internasionale Monetêre Fonds -5,8% vir Suid-Afrika.

Meer oor:  Mike Schüssler  |  Vlak 4  |  Inperking  |  Staat Van Inperking  |  Ekonomie  |  Ekonomiese Groei
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.