Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
So vorder ons met Eskom en kie, sê Cyril
Staatsondernemings word aangemoedig om alternatiewe finansiering as bloot die staatskas te vind. Foto: Getty Images

Die aanstel van nuwe direksies by staatsondernemings soos Eskom, Denel en die Suid-Afrikaanse Lugdiens het reeds baie gedoen om vertroue te herstel, het pres. Cyril Ramaphosa Dinsdag gesê.

“Ons verander die manier waarop direksies werk sodat die direkteure nie regstreeks betrokke is by die besluite oor tenders nie.

“Ons het in die verlede gesien dat direkteure wat veronderstel is om nie-uitvoerend te wees, hulself met tenderbesluite bemoei het,” het Ramaphosa in ’n vrae-sessie in die nasionale raad van provinsies in die parlement gesê.

Aankondigings kan binnekort kom oor vordering met ondersoeke na korrupsie en bedrog by van die staatsondernemings, het hy belowe.

Hy is self bereid om voor die Zondo-kommissie oor staatskaping te getuig, het Ramaphosa gesê.

Staatsondernemings word aangemoedig om alternatiewe finansiering as bloot die staatskas te vind, soos openbare en private vennootskappe, private ekwiteit en dividende uit bemagtigingstransaksies, het hy gesê.

’n EFF-lid in die raad van provinsies het Ramaphosa gevra wat gaan hy doen oor die klagtes dat Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, direkteure van staatsondernemings boelie en intimideer.

Volgens Ramaphosa word ministers aangestel omdat hulle bekwaam is om die werk te doen, en hulle moet soms moeilike besluite neem. Ramaphosa het geantwoord hy het nie dié stories gehoor nie.

Ramaphosa sê hy ken Gordhan al jare lank en hy ken hom as iemand wat toegewyd is aan sy taak. Nie een van die kabinetslede tree rassisties op nie. Gordhan moet lof toegeswaai word vir wat hy al uitgerig het, het Ramaphosa gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.