Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Solidariteits-fonds samel meer as R3 mjd. in
Sowat 41 miljoen eenhede persoonlike beskermende toerusting is bestel waarvan sowat 38 miljoen alreeds in Suid-Afrika is. Foto: Pixabay

Die Solidariteitsfonds het ’n nuwe mylpaal bereik nadat hy nou reeds skenkings van meer as R3 miljard ontvang het.

Daar is R3,16 miljard vir die fonds beloof en R3,12 miljard is reeds ontvang.

Hiervan is R2,26 miljard al toegeken aan verskeie projekte en R1,36 miljard is uitbetaal.

Dit is die jongste beskikbare syfers van die fonds, soos op 15 Oktober.

In die sewe maande sedert die fonds geskep is, het hy nou al talle projekte van stapel gestuur om onder meer persoonlike beskermende toerusting (PPE) aan medici landwyd te verskaf sonder dat dit deur die regering hoef te gebeur.

Maar die fonds verskaf nie net toerusting nie.

Die fonds steun op drie pilare – gesondheidsprojekte, humanitêre projekte en gedragswetenskaplike projekte om mense aan te moedig om hul leefstyl te verander in die lig van die pandemie.

Daar is 11 aktiewe gesondheidsprojekte met twee wat reeds voltooi is.

Vier humanitêre projekte is aan die gang met twee wat al voltooi is, en vier aktiewe gedragswetenskaplike projekte met twee wat al voltooi is en een in wording.

Daar is al R1,771 miljard aan gesondheidsprojekte bestee.

Daardeur is 1,2 miljoen stelle om koronavirustoetse mee te doen aangeskaf en 106 000 toetse.

Sowat 41 miljoen eenhede PPE is bestel waarvan sowat 38 miljoen al reeds in Suid-Afrika is, asook ander broodnodige items vir medici en mediese studente.

R412 miljoen altesaam is al aan humanitêre projekte bestee en R75,9 miljoen aan gedragswetenskaplike projekte.

Die fonds maak ook gereed om van Donderdag finansiering te skenk aan organisasies wat teen geslagsgeweld veg.

Die hoofteiken is gemeenskapsorganisasies wat 75% van die finansiering sal ontvang.

Elke organisasie, afhangend van sy grootte, sal tussen R50 000 en R250 000 as ’n eenmalige bedrag ontvang.

Die fonds het ook verslae op sy webwerf gepubliseer waar sy boeke nagegaan kan word ten einde deursigtigheid te verseker.

“Hoewel dit duidelik is dat daar ’n tyd sal kom wat die werk wat die fonds doen nie meer nodig is nie, het die tyd nog nie aangebreek nie. Totdat dit gebeur, sal die fonds voortgaan om met vennote en belanghebbendes saam te werk as ’n toevoeging tot die regering se optrede en ter ondersteuning aan die mense van ons land.”

Meer oor:  Solidariteitsfonds  |  Cyril  |  Ramaphosa  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.