Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sonder staatstoelae is ongelykheid nóg groter ramp

Ongelykheid in Suid-Afrika bly op rampspoedig hoë vlakke, maar sonder staatstoelae sou dit baie erger gewees het.

Die armste 50% Suid-Afrikaners was in 2015 vir sowat 13% van hul totale inkomste afhanklik van toelae. Foto: Siphiwe Sibeko, Reuters

Só het Risenga Maluleke, statistikus-generaal van Statistieke Suid-Afrika (SSA), verduidelik met die bekendstelling van die SSA se jongste ongelykheidsverslag Donderdag in Pretoria.

Die armste 50% Suid-Afrikaners was in 2015 vir sowat 13% van hul totale inkomste van toelae afhanklik, wys die verslag.

Volgens Maluleke het dié toelae ’n “kritieke rol gespeel daarin om inkomsteongelykheid te verminder”.

Ongelykheid in vergoeding binne die arbeidsmark dra 74,2% by tot die powere stand van die land se Gini-koëffisiënt, wat op 0,65 staan.

Volgens die Wêreldbank se jongste ranglys maak dié syfer van die SSA dus Suid-Afrika die ongelykste samelewing ter wêreld.

Die SSA het die verslag in samewerking met die Universiteit van Kaapstad se navorsingseenheid oor arbeid en ontwikkeling (Saldru) en die Agence française de développement (AFD) opgestel.

Een van die nuwe maatstawwe vir ongelykheid wat hulle gebruik het, is die sogenaamde Palma-verhouding. Dié verhouding verdeel die besteding en inkomste van die rykste 10% van ’n groep deur die besteding en inkomste van die armste 40% van ’n groep om ’n alternatiewe maatstaf vir ongelykheid te verskaf.

In die Suid-Afrikaanse arbeidsmark het ongelykheid volgens die Parma-maatstaf beduidend tussen 2011 en 2015 agteruit geboer.

In 2011 het die 10% van werkers wat die meeste verdien het 5,8 keer meer verdien as die totale verdienste van die onderste 40%. In 2015 het dié syfer verswak tot 9,7.

Die SSA verslag wys ook hoekom dit die geval is: Geen reële groei in verdienste het vir enigiemand tussen 2011 en 2015 geskied behalwe die 1% van mense wat die meeste verdien nie.

Die besteding van rassegroepe volgens die Palma-verhouding het vir Indiërs/Asiërs en wit mense tussen 2006 en 2015 beduidend verbeter. Ongelykheid binne dié rassegroepe het dus met betrekking tot hul bestedingsvermoë verbeter.

ongelykheid

Vir bruin mense het dit relatief stabiel gebly.

Net vir swart mense het ongelykheid met betrekking tot bestedingsvermoë toegeneem – en beduidend.

Waar die rykste 10% van swart mense in 2006 slegs vier keer meer bestee het as die totale besteding van die armste 40% van swart mense, het dié syfer in 2015 tot 4,8 verswak.

Swart mense was in 2006 as geheel vir slegs 41,8% van die land se totale huishoudelike besteding verantwoordelik. Dit is teenoor die 45,3% van wit mense in dieselfde jaar, al is dié bevolkingsgroep slegs sowat ’n tiende van swart mense s’n.

In 2015 het swart huishoudings se persentasie van totale huishoudelike besteding tot 49,3% gestyg, al beloop hulle 80,4% van die bevolking.

Ongelykheid het ook tussen swart mense toegeneem, wys die verslag.

ongelykheid

Die provinsies

Net twee provinsies se Gini-koëffisiënt het nie tussen 2006 en 2015 verbeter nie.

Die Oos-Kaap het van 0,63 tot 0,65 verswak en Limpopo het van ’n aanvanklik bogemiddelde 0,56 tot 0,61 oor die nege jaar verswak.

ongelykheid

Die twee provinsies wat die swakste Gini-koëffisiënt in die nege jaar behaal het, was die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal, wat albei laagtepunte van 0,65 en hoër bereik het, sê die SSA.

Die goeie nuus vir die provinsies is dat die besit van hul bates gemiddeld beduidend verbeter het. In elke provinsie het die gemiddelde hoeveelheid bates wat ’n huishouding besit, toegeneem.

Swart mense is die enigste rassegroep wat ’n toename in ongelykheid in die besit van bates ervaar het. Dié rassegroep se Gini-koëffisiënt vir bates het sedert 2009 van 0,54 tot 0,56 verswak, terwyl alle ander rassegroepe meer gelykheid bereik het in die verdeling van bates.

ongelykheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.