Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
S&P gee SA nog blaaskans

Suid-Afrika het nie nóg dieper in die rommel ingesak nie.

 s&p
Voetgangers stap verby Standard & Poor's se kantore in New York. Foto: Bloomberg

Die kredietgradeerder Standard & Poor’s Global Ratings (S&P) het – soos verwag – sy gradering van Suid-Afrika se staatskuld Vrydagaand onveranderd gehou. Dit is reeds op rommelstatus.

S&P waarsku Suid-Afrika se ekonomiese groei is steeds ver onder die van sy eweknieë in die opkomende markte as dit op 'n per capita grondslag vergelyk word.

Die agentskap verwag die regering gaan nou ná die verkiesing waarskynlik op nuwe beleidsinisiatiewe fokus wat sal mik om ekonomiese groei te verbeter en die staatsondernemings te hervorm.

S&P wys ook daarop dat Suid-Afrika se fiskale posisie nog swak is. Die begrotingstekort en skuldlas is reusagtig, en is grootliks te wyte aan Eskom se geldprobleme.

Hy meen wel die land se finansiële sektor is winsgewend en goed gekapitaliseer, hoewel dit deels van korttermynfinansiering afhanklik is.

S&P het Suid-Afrika se staatseffekte in dollar in 2017 tot twee vlakke onder beleggingsgraad afgegradeer tot BB. Sy gradering vir randgedenomineerde staatskuld is op BB+, wat een vlak onder beleggingsgraad is.

S&P het Vrydagaand gesê hy verwag vanjaar se hervormings sal beleggersvertroue en groei effens verbeter.

Die nasionale tesourie het Vrydagaand laat weet hy het kennis geneem van S&P se beraming oor Suid-Afrika se uitdagings en geleenthede. Die tesourie sê hy is daartoe verbind om weer sy beleggingsgradering terug te kry en die land 'n aantreklike beleggingsbestemming te maak.

moody's
Die kredietgradering van staatskuld by die drie groot kredietgradeerders.

Die tesourie het ook kennis geneem van die minder bekende Japanse kredietgraderingsagentskap Ratings and Investment Information (R&I) wat sy gradering van Suid-Afrika se langtermyn buitelandse en randskuld Vrydag op BBB en BBB+ behou het. Dit is albei graderings op beleggingsgraad.

Die voordeel van beleggingsgraad is dat 'n land dan lenings teen gunstiger rentekoerse kan bekom as wanneer hulle in rommelstatus is.

Die kredietgradeerder Moody’s Investors Service het Suid-Afrika nog op beleggingsgraad, Baa3 op sy skaal. Fitch Ratings gradeer alle staatskuld een vlak onder beleggingsgraad op BB+

Meer oor:  Moody's  |  S&P  |  Kredietgradering  |  Rommelstatus  |  Kredietgradeerders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.