Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
S&P: SA ekonomie gaan met 6,9% krimp

Suid-Afrika se ekonomie gaan in 2020 waarskynlik met 6,9% krimp, verwag die kredietgraderingsagentskap S&P Global Ratings nou.

S&P verwag dat Suid-Afrika se ekonomie in 2020 met 6,9% gaan inkrimp. Foto: Pixabay

Hy het sy jongste verwagtinge Maandag bekend gemaak. Sy vorige raming was dat die ekonomie vanjaar met 4,5% sou krimp.

“Die pandemie in die land het sedert ons vorige makro-ekonomiese hersiening vererger, wat vertroue verder geknou het nadat dit reeds voor die pandemie laag was. Te midde hiervan is daar ’n gebrek aan groei en kommer oor die fiskale trajek,” het S&P Maandag in ’n verklaring gesê.

S&P het reeds, net soos die twee ander groot kredietgraderingsagentskappe, Moody’s Investors Service en Fitch Ratings, Suid-Afrika se kredietstatus tot onder beleggingsgraad afgegradeer.

S&P het Suid-Afrika in April tot BB- afgegradeer, met ’n stabiele vooruitsig. Dié gradering is drie vlakke onder beleggingsgraad.

S&P se ekonomiese vooruitsig is egter steeds meer optimisties as dié van die tesourie wat vir vanjaar ’n inkrimping van 7,2% in die bruto binnelandse produk (BBP) voorspel.

Die tesourie verwag dat die skuld-tot-BBP-verhouding tot meer as 80% sal styg weens die lenings wat die land in reaksie op die pandemie aangaan.

Om die impak van die pandemie op die ekonomie te bekamp, ??het pres. Cyril Ramaphosa in April ’n hulppakket van R500 miljard aangekondig.

Dit is gelykstaande aan 10% van die land se BBP.

“Die aansienlike fiskale pakket sal die ekonomiese tol slegs gedeeltelik versag, maar tesame met laer inkomste sal dit lei tot ’n aansienlike toename in staatskuld en die staat se finansies verder benadeel,” sê S&P. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.